19.7.14

Ons pragtige nuwe huis

Hier is 'n paar onlangse fotos van ons huis. Ten spyte van die ongelukkigheid met die einde van die bouproses dink ek tog alles het baie mooi uitgedraai. Dit is 'n heerlike moderne leefhuis. Ons voel baie gelukkig en tevrede.






Oupa en Ouma bring plante

Oupa en Ouma het vinnig vir 'n naweek deurgery met 'n bakkievrag vol plante. On shet 'n vreeslike groot tuin. Daar sal nooit genoeg plante geskenk kan word nie...


Kyk hoe geinteresseerd is daai ogies!!

Oupa gee Jan-Hendrik se eerste wiskunde les. Ek wonder wie het dit die meeste geniet?

Ek en Marinda het in die proses beginne gras plant op die wal. Back breaking stuff!


Exploring PE

Die Sondagoggend het ons die casino kompleks en toe later Bayworld gaan verken. 


Dit was nogal indrukwekkend; nie geweet die plekke bestaan nie. PE is 'n mooi netjiese plek; moet erken. En heelwat groter as Oos-Londen.



Kyk net my pragtige slim, grootoog blonde dogter!! Ek het hoe verwagtinge van haar.



Die Bayworld kompleks is 'n kombinasie van 'n museum van allerande PE oudhede, slangpark, dinosaur park en akwarium. Daar is vreeslik baie om te probeer inneem.














Toetsrugby in PE!!

Ons het onlangs 'n heerlike naweek in PE meegemaak. In Summerstrand by die City Lodge gebly (altyd 'n wenner) en van daar af die plek behoorlik verken.




Ontbyt gehad by Something Good (ook in Summerstrand), of soos my kollega Christiaan daarna verwys het as Good Times!





Die Saterdagmiddag het ons die game tussen die Springbokke en die Skotte gaan kyk op 'n baie indrukwekkende stadium in PE. Almal het dit vreeslik geniet, maar ek dink Lana dalk die meeste!






My cool vrou!!




Ons almal was "in character". Toetsrugby is die heel beste!







En rugby maak ons almal dieselfde...


LOVE IT!!!

This is life!!


Sy het met elke moontlike geleentheid opgestaan en dans saam met die res van die mense. Dis was fantasties om te sien hoe sy dit geniet het. Ek was bang dat sy te jonk sou wees, maar sy het my baie verbaas. Mooi Sussa!!!