29.6.15

Die kids se eerste fietsresies

Fotos geneem vroeer in die jaar. Nuwe fietse, en attitude to conquer Mount Everest.
Reg vir die 600m (Lana) en 1,5km (Boeta) wat voorle. Selfs teen die prevailing south-easter...




En al die mammas en pappas was daar vir morele en ander ondersteuning.





Beste tjomme (Lana en Paul de Bruyn).


Jan-Hendrik en Huib. Stoutgatte!!


Spring heel voor weg!!



Opdraend teen die wind in. Toe nou nie heeltemal so maklik nie...

Prysuitdeling - tweede kwartaal 2015

Jan-Hendrik is baie lief vir sy juffrou, en hy luister meeste van die tyd vir haar.


Hier speel Lienka Evans vir ons 'n pragtige stukkie musiek saam met die musiekjuffrou.

Klein Neil is baie in sy noppies met homself.

En Huib ook.

Jan-Hendrik gryp na die prys. Vergeet amper om blad te skud.


Groot tevredenheid.

Mooi goed in ons tuin





My seun se eerste rugby wedstryd!!

Tydens 'n bulletjie rugbydag by die skool het Nahoon se junior spannetjies elk 4 wedstryde gespeel teen van die skole in die streek. Ons manne het drie gewen en een verloor (nogal teen Stutterheim se boerseuns)

Daar was diep indringende spanpraatjies voor die tyd (ek dink dit het meer oor die reels van rugby gegaan..)


Daar is vrek baie fotos geneem. Hier besef mens net weer dat alle mense dieselfde is, en almal is lief vir hul kinders.



Die eerste game teen Grens laerskool. Ons het gewen.

En langs die veld bloedige ondersteuning en duisende opinies - goeie pappas, slegte pappas... almal was daar, elk met sy eie redes.

Die jongspan het letterlik die dou van die veld af gespeel.

Geen tekort aan spangees!

En daar was 'n haka..



En sexy mammies..




Mauritius - die gholf

Die eintlike rede waarom ons daar was - die eerste tri-sanctioned golf toernooi ter wereld ('n gemeenskaplike poging tussen die Asiese-, Europese- en Sonskyntoere).

Dit was baie lekker om die regte gholfers te sien oefen, speel en foute maak.

Da Silva en Curlewis. Ek het sommer saam met hulle gestap met die oefenrondte op dag 1.



Fantastiese baan!!





















Tomas Levet in aksie op die oefenrondte.

Hier is my sak vir die week. Trust my, dis BAIE swaar.


Justin Harding was my speler. Ongelukkig die cut gemis. Hy slaan 'n pragtige bal, left to right, sometimes straight.