18.11.14

Asemrowende Tafelberg

Ons gaan wys vir die kinders hoe mooi Kaapstad en Tafelberg is. Ek was self seker 10 jaar gelede op die berg; dit bly darem 'n vreeslike indrukwekkende uitstappie. Ek het vergeet hoe hoog dit is, en met twee klein kindertjies wat net wil hardloop het ek en Marinda maar lekker ge-panic. Persoonlik, vreeslik mooi daar bo met pragtige uitsig; maar ek was baie bly om weer op die grond te wees met die kinders.

















Hier hou ek die klein donner so styf vas dat ek bang was ek breek iets in sy hand..





Yskoud... wat wil hy eet? Roomys!

Days of the Dinosaurs

Vreeslik lank hierna uitgesien - die Days of the Dinosaurs uitstalling by die Kaapstad ICC.











Nou's ek bang (not!!)

Kuier by die werk

Oppad Kaapstad toe het ons vinnig ingeloer by die nuwe Ampath gebou by N1 Stad. Baie indrukwekkende kompleks. My geld lyk veilig.



Kollegas - JD Deetlefs en Jacques Marx


Pragtige Stellenbosch en die Big Easy

Die eerste drie dae van ons Augustus vakansie het ons oorgebly by Jan en gesin in Stellenbosch. Ons het een oggend by Ernie Els se restaurant in die dorp gaan ontby eet. Daar is darem net iets spesiaals omtrent Stellenbosch. Is dit die akademiese atmosfeer? Of is dit die coffee shops?






Mens wonder waaroor grap hulle (of oor wie gesels hulle)...



Moeilik vir 'n 5-jarige om stil te sit in 'n smart plek!!

Een oggend baie vroeg...

Hierdie fotos is geneem in Augustus. Ons was vir 'n week lank in die Kaap. Soos in die verlede het ons die stretch soontoe opgebreek deur in George oor te slaap. Die Town Lodge was nog altyd vir ons goed gewees; en dis op die hoofweg oppad Kaap toe.