| Die Sondagoggend het ons die casino kompleks en toe later Bayworld gaan verken. |
| Dit was nogal indrukwekkend; nie geweet die plekke bestaan nie. PE is 'n mooi netjiese plek; moet erken. En heelwat groter as Oos-Londen. |
| Kyk net my pragtige slim, grootoog blonde dogter!! Ek het hoe verwagtinge van haar. |
| Die Bayworld kompleks is 'n kombinasie van 'n museum van allerande PE oudhede, slangpark, dinosaur park en akwarium. Daar is vreeslik baie om te probeer inneem. |