14.12.11

Vrot vrugte by ons agterdeur











Soms moet mens net rustig sit en kyk wie kom kuier in jou tuin. Wonderlik!!


Laeveld somershitte...

Een aand laat merk ek hierdie padda wat afkoel onder die lugversorger se water uitlaat. Dit was daardie aand drukkend warm. Die natuur is darem wonderlik, en selfs die "laer" goggas is besonder slim.





Kaapsehoop marathon

Vroeg in November het ons (die laboratorium) een van die waterpunte op die Kaapsehoop Marathon beman; BAIE vroeg opgestaan, om betyds langs die pad te kom vir die eerste hardlopers.

















Ons het vir Jan-Hendrik mooi geleer hoe om die watersakkies vas te hou; hier-en-daar het die mense sy sakkies gegryp. Omdat hy die kleinste was het sommige mense direk na hom toe gehardloop vir water. Hy het dit vreeslik snaaks gevind.













Pappa het gesorg vir ontbyt.






Toe ons klaar was het ons vir Marinda-hulle gaan help by hulle waterpunt.









En my prinsessie was ook daar!!!!


Pa se pragtige dogter!!!

Cutie!!! Sy is haar Pa se hart se punt!!!























Hierdie foto is geneem toe sy die eerste keer begin loop het. Sy loop nou al lang ente in die huis; het begin loop op 10 en 'n half maande. En slim!!! BAIE SLIM!!!




Oefen vir die 94.7

Ons gewetens het ons begin pla een oggend, toe vat die hele gesin die pad om te gaan oefen vir die 94.7 fietsresies. Ek het vir die race 'n groot totaal van omtrent 10km (afdraend) gedoen as voorbereiding...






Ma van twee lyk baie netjies in haar tight-fitting fietsry outfit. Lucky me!





Daar was geen tekort aan ondersteuning nie...


Die nuwe muurtjies in ons tuin.

























































Die bouers het die dom gewoonte om die kruiwa elke keer op dieselfde plek te laat loop. Die spoor gaan maande vat om toe te groei. Hoeveel keer moet mens iets verduidelik...?



My groot seun!!

Gereeld kom die gesinnetjie vir my by die werk kuier. Ek kan nie wag vir die klein platvoet klanke in die lab nie... Boeta kyk elke keer deur die mikroskoop en sê hy sien die maan... Hy dink seker ek kyk sterre vir 'n lewe.






Dubble "0" mannetjie... het onlangs guns ontdek. Alles word geskiet.












En wanneer hy slaap doen hy dit met oorgawe!