Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
6.9.10
Sommige mense word maar net daarmee gebore...
Eina ... my TOON!!!
Jan-Hendrik het 'n ding oor my hammer. Hy huil snot en trane om met MY hammer te speel; dan kap hy teen alles wat waardevol is. So 'n week gelede speel hy met my hammer buite rondom die swembad, laat val dit, op sy toon. Ek het dit sien gebeur. Moes vrek seer gewees het. Hy het so 'n uur lank gehuil, en die hele dag met die toon in die lug gelê. Ons moes vir hom alles bring...
Kyk wie het kom kuier!!
Subscribe to:
Posts (Atom)