27.9.11

Ons TV kamer se vloer...

Altyd vol speelgoed. Dit lyk seker nie netjies nie, maar ek is seker ons gaan dit eendag mis.






Die skepper van Toy Story het gesit en 'n soortgelyke oomblik as ek gehad. Dit is 'n gevoel van vreugde in die idee van ouerskap, maar terselfdertyd is dit 'n gevoel van vrees vir oud word... Vir eers klou ek maar vas aan al die pragtige kleure rondom my op die vloer...

'n Pappegaai moet blou wees..





En so verander Frikkie in ...




Blue!!







En hierdie is die rede - die movie RIO. Een van Jan-Hendrik se gunstelinge op hierdie stadium.

Verjaardagpartytjie by die skool!!

Die fotos is dalk so twee weke laat. Ons het vir Jan-Hendrik 'n verjaardagpartytjie saam met sy maatjies by die skool gehou so in die middel van September. Onthou met sy verjaardag (die 1'e) was ons eintlik in JHB.











Die man speel soos 'n aap in 'n boom.











Dit was ure van spring en speel; gil en skreeu; wonderlik om 'n kind te wees!





Tafel netjies gedek met allerande eetgoed en speelgoed. Marinda het al weer baie moeite gedoen; die beste Ma in die wêreld.





JH soek die koek se reënboog; en langs hom sit ... Tessie.


(ek sien nou eers die moerse mes wat sommer daar oop en bloot op die tafel lê; maar OK dis darem Afrika, en hier moet kinders baie van messe af weet... sien dit dus as 'n educational tool)



















Daar was baba vuvuzelas op die tafels, maar die goed raas meer as die grotes. Jan-Hendrik kyk hoe hard hy die ding kan blaas. 'n Minuut later het almal hom nagevolg.











Sussa neem deel so ver as wat sy kan. Ek help haar maar (bang sy verstik).







Almal help om die geskenke oop te maak.


















Kyk net vir engeltjie!! So het sy gelyk net voor die partytjie begin het; daardie kopband van haar het 5 minute gehou, maar vir 5 minute was dit werklik baie mooi.











En 'n bietjie later is sy besmeer met blou versiersuiker van kop tot tone. Lekker!!

Prinsessie!!

Hier is net 'n paar pragtige fotos van ons dogter Lana...






...wat onlangs begin kruip het; nou die hele plek vol beweeg.



























En haar eerste pop.















Tuinmaak en bou...

Dis weer daardie tyd van die jaar. Die groot reën kom; dis weer warm buite; en die tuin moet reg vir die volgende groei seisoen. Marinda rehab groot gedeeltes van ons tuin; dun baie van die plante uit, breek hulle op, plant die gate toe. Besig, besig, besig. Sy wil dit nie erkern nie, maar ek dink sy het groen vingers. Maar (in haar eie woorde) wat sy korkom is die krag van 'n man.






Die een ding van Nelspruit wat baie lekker is dat mens min moeite moet doen om goed aan die gang en aan die groei te kry. Die moeite kom in om alles onder beheer te kry.







Ons ruk al die groot ou struike uit; ons beplan om gras te plant in hierdie area langs die swembad.





En ek het besluit om die swembadpomp weer skoon te maak en te skuif. Dis harde werk.





Ons rehabiliteer ook die area agter die swembad se diepkant; ek sal later ander fotos post met die verbeteringe.

















Jan-Hendrik geniet en gebruik die sandhoop ten volle. Dis 'n heerlike speelplek.









En die honde geniet die nat sement.

Lui leker by die huis...

Die kids begin al hoe lekkerder saam speel. Sy word groter, en bied elke dag meer weerstand. Hy druk haar soms styf vas, dan moan sy so bietjie (maar ek kan onthou dat haar Ma ook so was toe ek haar ontmoet het).











Speel op die mat met JH se speelgoed is Sussa se grootste tydverdryf. Sy is self mal oor die helikopters, die puzzles, die vliegtuie en balle. En wanneer hy dalk aan die slaap raak het sy vrye toegang tot alles. Sy strooi al die speelgoed die hele vloer vol, en maak seker dat sy proe hoe proe alles.







Vir JH was die Rugby Wêreldbeker tot dusver maar vreeslik vervelig. Dalk gee hy sy sussie kans om te speel waarmee sy wil. Wanneer hy wakker is, is alles syne.

Besoek aan die brandweer

Een van Jan-Hendrik se maatjies het verjaar, en die partytjie het ingesluit 'n besoek aan die plaaslike brandweer. Die vriendelike "oom brandweerwaman" het hulle mooi verduidelik hoe die storie werk, en hulle het elkeen die geleentheid gehad om die groot tuinslang vas te hou.












Jan-Hendrik reken die dogtertjies het elkeen addisionele hulp nodig.





Almal het dit duidelik baie geniet.







Interessante vrae is gevra; goeie besprekings het gevolg.







Almal staan en luister aandagtig. In die agtergrond kom Jan-Hendrik so effe laat aangedrentel; mens kan net wonder waar hy was en wat hy gedoen het.








Almal staan op aandag wanneer die reëls van brandbestryding uitgelees word. Die volk lyk reg vir enige oorlog.








Sussa luister, maar volg nie... Maar sy is gedress vir die geleentheid; toepaslik in bransbestryding rooi.








Elkeen treek ook die brandweerwaman se bootse en broek aan, want dit maak brandbestryding makliker.







Daar is krities na die brandweerwa se kontroles gaan kyk. Hy staan en probeer uitwerk waar die sirene se aan-af knoppie weggesteek word.








Die res moet kom help soek na daai knoppie.







Na die tyd is die werkers vergoed vir al die harde werk met toepaslike verversings.






En elkeen het die uitstappie terdee geniet.







Hier is Jan-Hendrik en sy beste maatjie, Tessie, diep in gesprek oor al die waardevolle goed wat hulle daardie dag geleer het. Hy is MAL oor Tessie, en ek dink sy is MAL oor hom.