14.2.11

Nuutste gesinsfotos!!

Toe Lana omtrent twee weke oud was het ons vir die gebruiklike fotosessie gegaan; by die fotograaf Tarryn Finkelstein (http://www.photographicdesign.co.za/); en soos altyd het sy uitstekende werk gedoen!! Hier volg net 'n paar fotos. Ons het letterlik honderde fotos, en elkeen is ook in swart en wit. Ek het besluit om vir die blog net kleurfotos te gebruik. Enjoy!!














Om die Pa te wees in so 'n pragtige gesin is 'n groot voorreg; what a pleasure!!!!

13.2.11

My klein baba dogtertjie!!!

Kyk net hoe pragtig is my dogter!!!! Sy lyk vir my vreeslik baie na haar nefie Tiaan (Conraad en Verushka se laaitie). Seker maar die blouerige oë. Dit is vir my asof sy baie vinnig van 'n rot na 'n baba verander het. Sy begin-begin ook nou reaksie toon. Wanneer sy wakker is kyk sy vreeslik rond. Baie geïnteresseerd in alles wat rondom haar aangaan; en sy mag nie op haar rug lê nie, dan skreeu sy blou moord; mens moet haar redelik naby aan vertikaal hou sodat sy haar nekkie van links na regs en terug kan beweeg; om sodoende so veel as moontlik te kan sien!!

Sy en haar ma spandeer vreeslik baie tyd saam (en ek en Jan-Hendrik); ek weet nie wie kry die minste rus nie; ons kinders put ons uit!!


PRAGTIGE DING!! Die perfekte 4'e wiel aan ons wa!!

Soms is sy minder mooi... (sy gaan eendag vir my baie kwaad wees dat ek hierdie foto vir die wêreld gewys het)...

Groete uit Nelspruit; dit gaan WONDERLIK met die Swanepoels. Ek vergeet soms in die oggende dat ek nog 'n werk ook het om te doen...

My groot sterk seun!!

Jan-Hendrik het gister sy Pa gehelp om die hek te verf. Met houtolie. Wat 'n gemors...

Daar was olie orals; gemors op die plaveisel, geverf op die staalwerk, op die klere, die kop, die hare. Dit het langer gevat om hom skoon te kry!! Maar dit was heerlik om so saam-saam iets te doen; ek en my seun!!


Vandag het hy vir drie minute alleen stil geword in dy kamer; ons was onder die indruk hy het 'n slapie gevang voor Cbeebees. Maar toe nie; hy het die bottel baba poeier in die hande gekry en sy kamer in 'n witterige gemors verander (wat heel lekker ruik). Baie trots op homself. Ons was nie een kwaad nie; dit was regtig baie snaaks. (Emily kom môre...)


Noem homself nogal 'n "cool dude".

Ons kon hom darem in die swembad skoon kry; het in die huis rondgeloop met sy "rokkie". Lyk soos 'n Jedi...
Wat brul soos 'n "pappa leeu".

Wonderlike slim kind!! Mal oor hom!! Op hierdie stadium sit hy ons ore aan...

Ons vier fees by die werk!

Ciska het verjaar, en ons het SANAS akkreditasie geslaag sonder enige "findings". My kantoor is die nie-amptelike kuierplek van die Histologie departement (ek glo aan die uiterste vorm van 'n "open door policy"). Op die manier hoef ek nooit agter my mikroskoop uit op te staan nie, en die left-overs bly in my kantoor...

Ek dink ons het elke reël van SANAS oortree - ons maak die kos warm op 'n histo-hotplate; drank in die lab, kos en histologie skyfies langs mekaar, ens.

En almal was plesierig - Afrikaner of nie. Ons mis net vir ou Glady (met kraam verlof).


Daar is darem heelwat voordele daaraan om nie pasiente te sien op 'n afspraakboek nie...