16.5.11

Eerste karavaan-kamp naweek!!

Dis ons eerste naweek in die wildtuin met ons nuwe karavaan. Ons het beplan om te kamp rondom die Selati padwedloop, en ons het vir die naweek bespreek by die Malelane kamp. Dis eintlik 'n heerlike klein kampie; relatief min mense; lekker staanplek.



Die "pakkie" soos dit tans lyk. Die bakkie trek die karavaan heel lekker; dalk nie heeltemal sterk genoeg vir 120km/hr nie, maar wie wil jaag as mens met vakansie is...




Ek het die vorige eienaar gevra om sekere "toebehore" nie te verwyder nie..





Dalk te laat by die kamp opgedaag; bietjie gesukkel met die pype en die pale. Uiteindelik het alles mooi gewerk; ten minste weet ek nou hoe om die afdakkie op te slaan.




Voorsiening gemaak vir alles...




In die daglig lyk dit eintlik lekkerder. Mooi karavaan, né?





Ons het heerlik geslaap. Selfs reën gehad; snoesig en warm...






Dis is hoe die kamp lyk met dagbreek. Ek het vergeet hoe lekker dit daardie tyd van die dag in die wildtuin is...




Jan-Hendrik was 'n aktiewe deelnemer - hy het help diere kyk, help braai, help bestuur, help kamp opslaan.




En ek is trots om te sê my seun is so-te-sê 'n pot meester. Dit het alles met hierdie wildtuin trip begin - hy sê vir ons as hy 'n behoefte het, en sy doeke deur die nag is mooi droog. UITEINDELIK!!





Soos ek gesê het - ons het so bietjie reën gehad; niks ernstig nie - die karavaan was waterdig; kurkdroog.




Ons het ook geleer dat ape baie slimmer is as wat mens sou verwag - hulle weet hoe om blikke en bottels oop te maak. Dié is waarheen ons terug gekeer het na 'n uur se ry deur die wildtuin. Ander ouens se kamplekke het heelwat slegter gelyk..




Vroeg die oggend uit om die Selati te gaan doen - die volle 2km met beide kinders. Vreeslik baie mense! Dis goed om te sien dat die plaaslike wedlope so goed ondersteun word..




Sussa het nie gehardloop nie; eintlik net gelê en slaap..



Sy is soooo lus om te hardloop; shame...







Meneer het ge-carbo-load met 'n soet pannekoek voor die race..




En toe het hy hier-en-daar gehardloop of geloop. Eintlik het ek hom meeste van die pad op my nek gedra..






Daar was lekker eetgoed in die race pack; JH het na die tyd gedink dit was regtig die moeite werd om te kom..







En natuurlik die medalje!!



Ons het darem baie mooi wild en natuurtonele gesien. Die wildtuin is verbasend groen en welig vir hierdie tyd van die jaar. Eintlik moeilik om diep die bos in te sien. Ons het pragtige renosters en olifante gesien.




























Ons karavaan kom huis toe!!

Ons (eintlik Marinda) het volledig huiswerk gedoen oor die beskikbare karavane. My vrou is 'n perfeksionis; sy het 'n spesifieke karavaan in gedagte gehad, en gesoek tot sy iemand in Nelspruit gekry het wat 'n so-te-sê nuwe een wil verkoop teen 'n goeie prys. Ons het nog so bietjie onderhandel met die ou (Butch Neveling); later beide besluit op 'n billike prys. Die papierwerk was verbasend vinnig afgehandel. Op 'n Woensdagoggend het ek die karavaan gaan haal. Die gesin het in die pad gestaan en wag. Almal was baie opgewonde!



Jan-Hendrik kyk of alles reg is..




Pappa kyk of alles reg is..




Ons maak seker of alles reg is binne.. Kyk die groot yskas (baie drank, dink ek, saggies...)



Die bed waar Jan-Hendrik hopelik vir jare gaan slaap wanneer ons met vakansie gaan.




Die vrou en die bed wat my gaan laat tuis voel vir jare wat kom...





Ons het reeds 'n bespreking gemaak vir die vrydag wat sou volg (Malelane kamp in die wildtuin). Ons wil net kamp!!

Ons pragtige kinders!!!

Die kinders is pragtig!! Sussa word nou baie mooi groot; sy's baie rustiger as in die verlede; oor die algemeen baie vriendelik; vreeslike cute gesiggie!!






Vir Marinda is sy nog so bietjie van 'n handvol; mens kan haar nie eintlik vir langer as twee minute op haar eie los nie; haar gunsteling plek is in haar Ma se arms...



Kyk daai pragtige gesiggie; en die skugter glimlaggie..










Jan-Hendrik word elke dag net ouliker!! Hy is net een groot plesier!! Oulike slim kind!!






Ons speel ure lank op die mat met sy dinosaurs en die helikopters. Sy gunsteling speletjie is om te kyk hoe vlieg die dinosaurs in die helikopters of op die vlerkies van die vliegtuigies. En deesdae baklei die dinosaurs minder - hulle is maatjies en loop terwyl hul (glo) handjies vashou...









Een oggend vroeg weer skrams deur een van die honde gebyt op die lip; huil so bietjie, maar fascinated met sy eie bloed... lag daaroor (hoe sy bloed uitloop)..










Die tweetjies is dik pelle - sy is nie meer heeltemal so bang vir hom nie, en hy is darem bietjie meer versigtig met haar..








En so lyk ons spannetjie elke oggend so teen 7 uur. Ons perfekte ou gesinnetjie!!