17.6.12

Marinda se 3'e Comrades!!!!

Die oggend van die race. Nee, die horlosie staan nie stil nie; dis regtig so vroeg en ons moet nou jaag vir die start lyn...


Ja my skat; dit gaan baie lekker wees, ek is seker.



Hierdie wenkombinasie kan nie wag om te beginne hardloop nie. Met SuFKNzette daar is ek oortuig daarvan dat Marinda goed sal kan klaarmaak. Ek wonder net waaroor hulle alles gaan gesels in die 12 ure tot hul beskikking...



Ek het die twee Oupas saam met my geneem; lekker bier gedrink by Gillits; sit en kyk vir die oneindigende stroom van atlete wat verby kom.





Hey, hier is Arrie!!!


... en Dave!!!! Hy lyk moeg...



En hier is die crazy combo!!! Hulle lyk vars en lus om einde toe te trippel. Ons sal hulle nie ophou nie. Go!!! Go!!! Go!!!




By die einde wag ons ons klublede in met smiles en 'n kou een (of twee of drie...)




En hier is hulle!!!! LEWENDIG!!!!



En ou Arrie ook!! Mooi!!!





Kaptein!! Hier is jou girls!!! Bel die Laevelder!!!

Pelle!!!

Vol smiles die dag voor die groot race.



Comrades expo

Hier is ons by die expo om Marinda se nommer te kom optel vir die race.



Ek weet nie waar die organiseerders hul informasie vandaan kry nie, maar sy is eintlik al heelwat ouer as 30... al lyk sy nie 'n dag ouer as 25 nie...




Vriendelike en bekende gesigte, goedkoop en baie lekker kos...



Daar's nie foutie op Amanzimtoti

Met die Comrades bly ons maar altyd in Toti; pragtige uitsig uit die woonstel uit. Beide pare Oupas en Oumas en Oupa Wes was daar om saam met ons vakansie te hou. Dit is 'n wonderlike voorreg om soveel geslagte by een braai te mag hê.




Die politiek, rugby en verlede is sorgvuldig ge dissekteer...



En daar is ure lank in die see gespeel.




Ek sien dié oom het 'n groot een...



Deon en die seuns red die gat teen die see.



Ek het maar ter wille van die memories gemaak of dit gaan werk; self ingespring.



Pappa moet dalk in die gym kom... Ek moes die foto insit, want dis letterlik die enigste foto waarop ek is tydens die seevakansie.






Jan-Hendrik en Nico kyk wie se spiere is die grootste.

Engeltjies


Oupa Jan is baie trots op haar outfit...




Vinnige besoek aan Oos Londen

Ek en Marinda was vir twee dae vinnig Oos Londen toe om die lab daar te besoek en bietjie die plek te verken. Die details van die besoek sal later volg. Ek was verbaas - dis 'n groot, mooi plek; pragtige strande, mooi woonbuurte, groot skole, baie besige lab.


Ons het een aand in 'n gastehuis in Gonubie geslaap; lekker saam met Archie Rudman en sy vrou gekuier; die plek plat gery.



Dit is die uitsig by die gastehuis (Gonubie Point). Pragtige groot skool dolfyne gesien.




Gonubie strand.





Die see uitsig by Blue Bend.



Nahoon beach.



Oos Londen se gholfbaan.



Die plaaslike inwoners.