17.8.13

Bou van die fondasies

Daar is chaos op ons erf. Die bouery het nou volstoom begin. Uiteindelik!!!

Hier is deel van die kombuis..

Hoofingang (dink ek)...

Voorkant van die huis by die braaier..

Onderste slaapkamers..

Studeerkamer..

Onderste slaapkamers (Boeta verstaan dit nie lekker nie; ek het hom vertel hy moet solank dink watter kamer hy wil he).

Trappe na die studeerkamer van die court yard af..

View van die bos..

Onderste slaapkamers (weer)..

Ek is benoud.

Middagete op Morgan Bay

Morgan Bay is 'n klein dorpie so 60km Noord met die kus vanaf Oos-Londen. Ek het al by verskeie mense gehoor dat die MB hotel 'n goeie plek is vir Sondagmiddagete, so ons moes gaan kyk vir onsself. Ek stem saam. Klein plekkie maar nogal besig, en die kos is uitstekend by die hotel se restourant.

Kilometers se witsandstrande...


Daardie dag was dit effens koud en die wind het gewaai, so one het maar probeer om die kinders binne te hou. Moes darem net gaan kyk hoe lyk dit op die strand.

Oppad terug het ons verby hierdie huis gery. Ek moes net 'n foto neem, want ons het beide gevoel dit is die styl wat ons in gedagte het vir ons eie huis. Sal maar sien of die bouers ook so voel...

Naweek in Plettenbergbaai

Oppad terug van die kongres in die Kaap het ons twee aande in Plet oorgebly. Ek kan onthou dat ek as 'n kind saam met my gesin hier by die Beacon Island hotel gebly het. Die hotel is onlangs heeltemal oorgedoen en elke kamer is splinternuut. Dit is 'n wonderlike plek vir vakansie - lekker eetplekke, swembaddens, die strand, gym, spa, ens.

What a view...


Die binnehof van die hotel (soos vanaf die 6'e vloer geneem). Ek was bietjie nervous met Jan-Hendrik en sy gespringery. Ek het sommer by die eerste geleentheid vir hom die afgrond gaan wys sodat hy ook die gevaar daarvan kon verstaan.

Hy en sy sussie love mekaar. Beste buddies. Hy leer haar alles.


Lyk soos 'n tropiese eiland vakansieplek. En dis presies wat dit is...



Hey pragtig!!

Nie een van hulle kan swem nie; hang maar aan hul Pa. Lana veral wil vreeslik graag op haar eie swem.


Ons kyk hoe mooi is die see terwyl Pappa en Mamma BINGO speel by die hotel se swembad.


Follow the yellow-brick road...

Lyks soos iets uit The Wizard of Oz; met die velde vol geel blommetjies...
Oppad terug van die Kaap af. Ek het ten minste een boete gekry in die pos (ek wag nog vir die res)

Kuier by Jan-hulle in Stellenbosch

Ons kuier altyd baie lekker in Stellenbosch want die plek is mos special. Dis asof wyndrink en gelukkig wees aangemoedig word deur die eeue van Kaapkultuur; en om op 'n wynlandgoed te woon maak alles so... aanvaarbaar...

Jan se tuin is pragtig. Alles het vreeslik baie gegroei sedert ons laas hier was (nie net sy dogters nie). Al die plante is groot. Sy plek lyk stukke beter as die bure s'n; en ek verstaan almal kom pluk nou proteas in sy tuin.


Tweede setperk op De Zalze - op Jan-hulle se agterstoep.

Oudergewoonte is daar baie musiek; en hierdie keer is dit Nelia. Sy speel baie mooi; en loop oor van entoesiasme.

Jan sal glo nog bietjie werk aan daai linkerhand...
Maar die strykhand lyk perfect.


Iemand kom nader gestap en toon intense belangstelling..

'n Groot oomblik. Sussa kry haar eerste vioolles. Dalk raak sy eendag famous...

So...?

Is dit reg so?
Ja Sussa, dis pragtig...

Wynproe by Dornier

Dornier is 'n redelike nuwe wynplaas, ook naby aan Blauklippen; behoort aan Switsers of so iets (soos die res van die Kaap); heerlike atmosfeer met speelplek vir die kinders; en glo 'n uitstekende restourant (wat toe was toe ons daar was).


Was glo eers 'n plaas waar appels en perskes verbou is.

Speelplek vaagweg in die vorm van 'n boot. Dalk was dit net die wyn wat my so laat dink het...



Splinternuwe wynkelder. Groot geld.

Waterford Wine Estate

Wynproe by Waterford (begin Augustus); naby Stellenbosch, verder met die pad af agter verby Blauklippen. http://www.waterfordestate.co.za/. Wyne glad nie goedkoop nie, en ek verstaan hoekom. Dis heerlik.

What a nice place. Heerlike begeleide proe gehad met rooiwyn-chocolate pairing. 


En plek vir die kinders om op die grasperke te speel.


My girls..




Hulle deel 'n grappie wat grootmense nie sal verstaan nie.