Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
3.5.10
Herfs in die Laeveld
Herfs in Nelspruit voel maar baie soos Somer - net so effe koeler. Dis heerlik buite hierdie tyd van die jaar; daarom het ons solank vir Jan-Hendrik sy 2'e verjaardag geskenk gekoop - die trampoelien en die slide. Ek moet nou net 'n naweek of twee hard werk om die res van die jungle gym ook te bou (!)
Hy weet hoe...
En die honde ook...
Daar het nie veel met ons gebeur die laaste twee weke nie - al drie van ons was siekerig met verkoue (seker die verandering in temperatuur). Jan-Hendrik is deesdae verskriklik cute - hy verstaan elke woord wat ons sê - hy weet waar alles is, en hy hou aan met die drie-lettergreep woordjies.
Marinda op kursus in Johannesburg
Subscribe to:
Posts (Atom)