23.4.11

Kuier in Krugersdorp

Ons het onlangs in Krugersdorp by Andrew hulle oorgebly oppad Virginia toe. Hulle lyk vreeslik besig!!



Jan-Hendrik se maniertjies..

Die brullery raak nou erg!! Hy brul vir almal; selfs vir ons as hy raas kry.. So ontwikkel ons elkeen maar ons verdedigingsmeganismes...



Ek het die fout gemaak om hom toe te laat om saam met my so een of twee keer Star Wars te kyk ("Peer balls" noem hy dit...). Hy vat 'n stok, staan wydsbeen voor die TV, trek sy gesig en sy oë op skrefies, sê iets wat ek nie herken nie, en dan slaan hy die wilde k@k uit alles uit, veral die ornamente wat op die TV kas staan...




In die wildtuin die ander dag vra hy my (vreeslik ernstig): "Pappa, waar's die elefant wat so... sooo..." en hy gee 'n diep kreun geluid "grooooot poefa maak?"


'n Vinnige spin deur die wildtuin..

Hierdie blog is permanent so twee weke agter... Jammer!

So twee weke gelede het ek en die gesin vir 'n dag lank deur die wildtuin gaan ry; lekker gereën buite en die veld is pragtig. Jan-Hendrik was omtrent die hele tyd op my skoot, maar hy bestuur soos sy gat...





Dit was ook die eerste keer dat ons vir Lana in die wildtuin gehad het. Ek kan nie regtig sê dat sy bygedra het nie. Sy kan nie oor die vensterbank sien nie...




Ons het gestop vir pannekoeke by Afsaal. Altyd 'n wenner. Warm koffie; pannekoek met te veel suiker...






Ons het darem 'n paar goeie goed gesien.. KYK!!



























Die wilde honde het ons op die teerpad tussen Skukuza en die Phabeni hek gekry; waar hulle gewoonlik is. Baie lekker dag saam met my gunsteling mense in my gunsteling plek!

Die gesin gaan speel gholf..

So twee weke gelede het ek en Marinda gebrand om te gaan gholf speel, maar wat maak mens met die kinders? Wel, ons vat hulle saam! Jan-Hendrik ken al die konsep van gholf speel, en hy gaan deur al die stappe - oplyn, oefen swing, adressing the ball, grip, kyk weer, kop af, follow through, maar hy mik soms boom toe, of bof toe, of aspris water toe (met 'n nuwe Srixon; blksm!!).

Hy sit by my voete as ons ry met die karretjie, maar soms laat ons hom loop. Totaal uitgeput aan die einde van die rondte; het deurgeslaap van 6 uur af tot die volgende oggend 7 uur!

En my dogter Lana ry saam in haar karstoeltjie; kyk en koe vir alles; was bietjie lastig op die 7'e bof; die 8'e gat was 'n struggle; 9 het nooit gebeur nie...

Die gholfbaan is in uitstekende toestand; dis 'n skande dat ons (ek) so min speel. Sulke talent mag mens nie ongebruik laat lê nie!!!




Madam se swing is "as good as ever"; bietjie wild, maar met die tyd sal dit beter raak. Ek sê nog steeds dat die dag wat ek besluit het om haar te leer gholf speel het ek een van die beste besluite in my lewe geneem. Die enigste down side daarvan is dat ek altyd sal besef dat iemand anders meer talent as ek het in die game (of all games...)




En vir ingeval ek oor 30 jaar weer na die blog kyk met 'n traan wat oor my wang rol - hierdie is die week waarin Charl Schwartzel die Masters gewen het!!!!






Ons het hom mooi geleer waar om te staan, en dat hy moet stil bly terwyl mens speel.

Hy dring aan op dieselfde...




Kyk hoe cute!!!! My groot seun!!! Ek hoop ek en hy kan nog vir ten minste 40 jaar saam gereeld gholf speel.








Ja, my seun; soontoe...







Solid contact; hy slaan die bal verder as meeste dames in die klub!!


Hy is nou wel die ouboet, maar hy is darem nog baie klein!!! Hy huil deesdae oor my (en ek huil oor hom); baie sensitiewe siel... hy ook.


My beautiful kiddies!!!

Die daaglikse roetiene gaan maar onversteurd voort - opstaan, skeer, stort, aantrek, ontbyt, ens. Jan-Hendrik weet ook nou al - skeer eers die wange...


dan die voorkop...


en dan die snorretjie. Hy is dood ernstig wanneer ons skeer, en ons mag geen deel daarvan skip nie...


Hy vat nog sy middagslapie elke dag..


eindig meeste van die tyd op die vloer op...


En hy is mal oor sy sussie!! Soen haar op haar hande, soen haar op haar kop. Soms huil sy so bietjie, en ek sien sy begin in sy rigting skop...



Pa se pragtige dogter; kyk rond; wil net die hele tyd soek vir nuwe goed om na te kyk..



Die ogies is deesdae heelwat groener en effens bruin; die blouerige skynsel is so-te-sê weg; haar oë lyk meer en meer soos die van haar ma.




Vreeslik gelukkig deesdae ('n nuwe baba in vergelyging met die monster wat ons die eerste twee maande moes grootmaak). Sy kyk mens stip in die oë, en lag die oomblik as jy smile. Baie oulike klein mensie..









Baie gemaklik in die groen stoeltjie; maar raak ongelukkig na so 10 minute. Haar gunsteling plek is nog steeds haar Ma se arms..





Jan-Hendrik se gunsteling speelplek - die hondehok en die afgesaagde kareeboom. Hy het Oupa Chris se swyshammertjie in die tuin ontdek, en slaan gate in die mure, bome en houtdek so ver as wat hy gaan. Die honde loop ook soms deur. Hy hou ook daarvan om die neutedoppe stukkend te slaan; baie goeie hand-oog koordinasie...


...maar kan nog steeds nie op die toilet sit en poef nie...




Een prentjie, né..