Gelukkig was die volgende dag Sondag, en kinders herstel verbasend vinnig. Die groot EINA!! het toe 'n baie prominente talking point in ons huis geword. Die gesprekke gaan so: "Pasop jy gaan ...", dan sê hy "afval", en dan vra ek "Wat dan?" dan sê hy "huil". Sy ander gunsteling sêding deesdae is "groot mes", en dan hardloop hy flat out met 'n moerse mes in 'n rigting. Sy gat het al per geleentheid lekker gebrand hieroor.
STOUTGAT!!!
Mens kan sommer sien dat hy so stout is as wat hy slim is; ek kan nie help om te dink dat hy ons nog baie probleme gaan gee nie (of "uitdagings", soos die NG kerk se dominees sou gesê het; maar hy (ds.) lees gelukkig nie my blog nie; net my Ma doen).
Ek gaan niks sê nie, behalwe dat ek nie dink dat daar baie 2-jariges daar buite is wat weet hoe werk 'n maatband nie...
En die donkie sit op die tafel, want die honde pis op hom...
Ek dink ook nie dis die laaste keer wat hy sy kop hard gestamp het nie. Hy hou van hoogtes, dan roep hy jou wanner hy êrens tussen hemel en aarde hang of hoog op iets staan, dan sê hy "Pappa, HOOG!!"; dan vra ek "Wat gaan gebeur"; "afval"; "en dan?"; "huil"..