4.4.12

Star wars fan..

Iemand het van Mamma se "geel" kar vergeet.


ONS NUWE KAR!!!

Ons het uiteindelik besluit om vir ons die Fortuner te koop. Ek het vir Kenneth Braye laat weet dat hy moet saam speel met die Star Wars tema vir Jan-Hendrik en hulle het 'n uitstekende job gedoen!!





Met die nuwe kar in die garage voel mens die gesinnetjie gaan weer in 'n nuwe fase in. En eendag sal ons met 'n traan in die oog en 'n knop in die keel terug kyk na hierdie wonderlike dag.

Vaarwel aan ons Mazda

Vandag koop ons 'n nuwe kar en ons sê totsiens aan die Mazda. Dit was 'n baie lekker gesinsmotor, maar ons het besluit om iets groter te koop wat hoër op sy wiele is.



Jan-Hendrik was baie hartseer die aand voor die tyd want hy wou nie aanvaar dat ons Mamma se "geel" kar vir ander ooms gaan gee nie. Hy is van die opinie dat daar niks fout is met die geel kar nie.

Ons het hom rustig gekry deur te belowe dat die nuwe kar eintlik syne sal wees, en dat die kar se naam "Star Wars Fortuner" is.

Geskenke...

Children Are A Gift From God

Author: Sandra Tolson
God sent me two packages
That needed special care
"Take care of these tiny gifts
For they are very rare."

"Watch over them with all your love
And let them feel your touch
Take care of their every need
For you are needed very much."

"These gifts will grow up very fast
As you soon will see
Love them with all your heart
And let them be what they will be."

"When these gifts have fully grown
Look at Heaven up above
Know they exist because of God
And all his precious love."

Voete...

My kinders het die perfekste mooiste voete.

Ek het die perfekste mooiste kinders!!!

My girls..

Die pragtige dames waarmee ek my lewe deel!!!

Mens droom oor jou kinders se toekoms...

Dalk gaan hy 'n argitek word...



En sy 'n IT kenner.
Hier ontdek sy die muis.

Die groot sikloon...

Ons is verskriklik baie reën belowe. Die wildtuin het selfs vier helikopters op bystand gehad om mense na veiligheid te bring. Sandsakke is gegooi. Vensters is toe gespyker.

En toe wag ons...
Ek dink die sikloon het ons gemis...




Buite gewag om fotos te neem van die skade en die wind...
Toe neem ek maar fotos van al die mooi plante in my tuin.




En toe dit nie reën of storm nie het ons besluit om die son te geniet en te swem.