19.7.14

In die bos met quad bikes

Hierdie was 'n baie lekker uitstappie. Ons het saam met 'n interessante ou (kan nie sy naam onthou nie) met quad bikes deur die bos gaan ry.

Hy is ook die eienaar van die veelbesproke Ninky Noo's pub buite Haga Haga - 'n populere kuierplek vir baie interessante mense..



Hier gat ons - ek en Boeta op 'n bike; en Lana saam met Mamma.


Pragtige ongerepte bos teen die kus. Groot dele van die Oos-Kaap / Wildekus lyk so.



Ek en Boeta se kite spinnekop. Ek het hier so twee minute sit en kyk; toe ry die res vir ons weg. Lekker verdwaal vir 'n halfuur of so.



Selfs 'n pap wiel gehad! (nie die een waarteen Boeta gepie het nie, dankie tog...)