26.6.10

'n Dag op die strand (Margate)

Ons loop deur die parkeer garage om by die strand te kom. Boeta loop voor - hy ken die pad.

Oupa het sy eie landsvlag saamgebring...

Ouma en Oupa speel (asof hulle jonk is; eintlik is hulle nog baie jonk - buk is nie 'n probleem nie).




Dis vakansie, maar 'n man moet nog steeds oefen, om jou tegniek 100% te hou...
Marinda se spiere raak beter. Sy loop nou al.




Niks so lekker soos 'n slapie op die strand nie...
Kyk hoe lekker speel die manne sokker op die strand. Die Wêreldbeker gees loop hoog.

Dag na Comrades

Die regte atlete slaap of huil saggies oor seer spiere en blase op hul tone. Oupa en Ouma kry kos in Jan-Hendrik se magie deur te lieg en te bedrieg (sien glo apies in die bome; lei sy aandag af, dan eet hy). Later dieselfde dag "verhuis" ons Margate toe om saam met Oupa Chris-hulle te gaan vakansie hou vir 'n week. Margate - wat 'n heerlike strand. Ons het vir amper 'n hele week perfekte weer gehad.
Boeta het ure lank op die strand gespeel, en baie nuwe maatjies gemaak.


En nou ken hy die see - hy wys na die see en sê "shhhhhh.."
Reg om 'n paar mense op halfmense uit die water uit te red as die geleentheid homself voordoen.