2.1.10

Min-doen Saterdag!!

Ek en Marinda het vanoggend District 9 gekyk - dalk nie heeltemal ons "cup of tee" nie, maar nog steeds baie geniet. Mens kan nie glo dit is Suid-Afrikaans nie!! En tipies Suid-Afrikaans - vreeslik baie politieke ondertoon, vloek vreeslik, maar gelukkig in Afrikaans, en die Afrikaanse aksent is soms so effens steurend, maar ek sê weer - baie goed vir 'n klomp Suid-Afrikaners!!
Ja - dis 'n alien movie, en hulle is mean, amper so mean soos die Nigeriers in die movie!!

Die hero in die movie se van is van der Merwe! En soos in die Amerikaanse movies verander hy ook met tyd in 'n alien - amper soos in The Fly ...

Die bure se kat het 'n vreeslike liking in ons gevang. Hy laat toe dat Jan-Hendrik met hom speel. Hulle jaag mekaar in die tuin rond. Hy klim in die boom in die gesig van die aircon se waaier. Dis vrek warm in Nelspruit. Dit het wel vroeër vanaand begin reën.

Ek het begin om die ou hek se verf af te krap. Ek was nie van plan om te begin werk hierdie naweek nie, maar Marinda het gedink dis 'm goeie idee. Kom ons noem dit maar sosiale druk..

En Jan-Hendrik en sy Ma het gekyk dat ek dit reg doen..

Moenie worrie nie Oupa, hy kan nie daar deur kom nie - sy kop is te groot!!









1.1.10

Die eerste dag van die jaar!!


Wat het ons vandag gedoen? Wel, nie veel nie. Ons het lekker laat geslaap, en toe ontbyt in die bed (dankie Marinda). Ek en Jan-Hendrik het lekker lank geswem; ons was so lui en dit was so warm, ons het amper in die swembad aan die slaap geraak, elkeen op sy eie tjoepie... DVD's gekyk!!


Ons het vanaand gebraai, en ek het die bottel Hartenberg Riesling klaar gemaak. Heerlik!!


Marinda was vanaand so effe gatvol vir Jan-Hendrik, want hy wil niks eet nie; hy wil net speel.

Dit was 'n wonderlike lekker lui vakansiedag!! En ek hoop die res van die dag gaan net so rustig wees!! Die muskiete vreet ons op! Nelspruit was glo nog nooit so groen en nat nie...