| Hierdie jaar het Jan en sy gesin vir ons kom kuier vir Kersfees. Die dogters raak nou verskriklik vinnig groot. Annies is al amper 'n grootmens. |
| Nelia is nog klein, ne vreeslik sweet. |
| Daar is baie gekuier, en vreeslik baie wyn is gedrink. |
| Kersvader was ook daar (Andre Evans), met plakkies (dis warm). |
| Die opgewondenheid oor Kersvader se koms was elektries (kyk vir Lana). |
| "Kersvader; kyk al die baie geskenke!!!!" |
| Jan-Hendrik het nie vir Kersvader gekoop nie, maar ter wille van die geskenke het hy vir Andre verdra. |
| Daar is liedjies gesing, en daar was selfs 'n formele Kersfees konsert. |