Ek wou al lank al hier kom speel. Afgelope Vrydag oggend het ek die
gap gesien en kom speel. Was so bietjie laat en bevind myself toe agter twee stadige 4-balle. Nelspruiters nogal. Ek het tyd gehad vir mooi fotos. Ek was baie rustig oor die idee om te wag vir die manne voor my totdat die eerste afgetrede 65-jarige silwer-grys Duitser wat sukkel om Engels te praat met my kom baklei (die blksm agter my); glo my skuld dat hy so stadig speel. Sy eie caddy (gietswart Zoeloe) het net sy oë gerol; ek was nie alleen nie... Tattie, my buddy!!
Toe strip ek my mur; sê vir hom presies hoe 'n groot pphl hy is, en al sy voorsate, Hitler, die Nazis, die hele blerrie spul; ek gaan in 2 minute deur die stadige Boere uit Nelspruit; vertel vir hulle ook wat om te verwag van die ou Duitser. Die een ou (groot vlesige man met rooi wange en 'n brandewynneus) het net gesê: "Laat die blksm kom!! Ons sal hom laat welkom voel!!". Snaaks; ek het die Duitser die hele dag nie verder gesien nie. Afrika is darem 'n harde plek vir 'n ware Europeër... Seker die velle son en ander elemente.
Maar dit is 'n mooi plek... mooi baan; so effe irriterend perfek; redelik maklik...
met eg Natalse Engelse effe "corny" tee box markers, elk met 'n naampie...
... huisies, huisies, huisies... almal staan met deure en vensters toe; nobody home (laat my dink dat daar nog Duitsers hier kon gewees het; dankbaarheid daal oor my neer... een is seker nie so bad nie...)
Ja... ek het 'n foto van myself geneem.
"Spectacular golf course!!" dink ek in my eie kop (met 'n ou Duitser se aksent hoor ek dit... "Spektakuläre Golfplatz!")
Pie en gravy vir my bedien deur 'n Indiër; nog 'n buddy!!
Dit laat my dink oor die kultuur van gholf, en hoekom ons so mal is daaroor. Ek besef dat gholf slegs lekker is as jy dit saam met of jou vrou, of jou kind, of alleen, of saam met 'n enersdenkende buddy kan doen. Gholf het niks met die baan te make nie...
Terug in Umhloti vra my skoonsus Elmien my 'n strikvraag...
"Sal jy weer daar wil speel?"
Nooit gedink dit kan so 'n moeilike vraag wees om te beantwoord nie...
Ek sal seker weer daar wil speel, maar indien ek nie kan nie sal dit my waarskynlik nie pla nie.
Dit laat my toe dink oor my sterfbed... (moenie worrie nie, Ma) ... Sal ek aan Prince's Grant dink op my sterfbed? VERSEKR NIE...
... maar ek sal aan gholf en gholfbane dink.
Ek sal dink aan die dryf op #10 op Potch; hoe ons as laaities altyd gegaan het vir die green en dit nooit raak geslaan het nie; en ou Matilda op #12, hoe ek altyd in haar skaduwee gaan lê het en haar takke raak geslaan het in 'n poging om om haar te kom; en ek sal die ou 15'e onthou - was selfs vir my net 'n PW; en ek sal onthou hoe ek altyd (selfs onlangs) my dryf op #6 rivier toe gestoot het...
En ek sal dink aan my gunsteling baan van alle tyd - Krugersdorp; die perfekte drywe op #1 (elke keer); die perfekte drywe op #5 (elke keer); die perfekte drywe om die draai op #8 (elke keer); die k#k drywe op #12 (elke keer, en die keer wat ek my drywer se shaft gebreek het in reaksie); die lang bome op #16 (kon net nooit dit regkry om by hulle verby te kom nie...)
En ek sal dink aan Nelspruit se baan; die pragtige kortgate #5, #13, #17; die pragtige bome; die groot vyeboom op #18; die as-'n-reel birdie op par 5 #4; die as-'n-reel bogey op Par 4 #18; en die enkele kere wat ek self my sak gedra het in die Nelspruit Somer...
Lyk my dit gaan oor meer as perfekte manicuring, groot huise, buitelandse beleggers. Gholf is 'n ervaring vir die siel...