Ouma en haar pragtige kleindogtertjie. Hulle lyk nogal dieslfde.
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
18.7.11
Kapenaars kom kuier
Die niggies kon glo nie wag om hul nefie (Jan-Hendrik) en hul niggie (Lana) te sien nie. Hulle was vir so 10 dae saam met Oupa en Ouma Wildtuin toe, en 'n paar dae by ons kom bly soontoe en weer oppad terug.

Hulle het weer eens luidkeels gespeel op die stoep vir ure. Ons kon omtrent niks hoor nie; toe drink ons maar...
Verskriklik koud in Bethlehem...
Ek het ook maar by tye net my kop vasgehou oor die koue in Bethlehem. DJ se swembad is gevries heeldag lank; omtrent 5mm dik; mens kan amper daarop loop...
Kuier in Virginia
Ons het besluit om gedurende die koudste week in die Winter in Virginia, en dan daarna in Bethlehem te gaan kuier. Ons het heerlik saam met die familie gekuier. Sussa was 'n absolute hit...

Hier saam met Ouma en Oupa
Hier saam met Ouma en Oupa
Frikkie...
Ek vertel elke aand vir Jan-Hendrik 'n 'Frikkie" storie - Frikkie is 'n voëltjie, en sy beste maatjie is 'n klein seuntjie met die naam van Jan-Hendrik; en hulle speel elke dag in die tuin en dan gebeur die wonderlikste avonture met hulle; en Mamma en Pappa en Sussa is altyd daar om dit met hulle te deel... Frikkie vertrek altyd so 'n paar minute voor Jan-Hendrik Droomland toe, en daar gaan hulle self die kwaai helikopter vlieg.
Potjiekos met die pelle
"Sommer net kuier", sê Marinda vir my. Ek wou by haar weet wat was die geleentheid vir die potjiekos kuier by ons huis. Ek kan aan geen beter rede dink om 'n vuurtjie aan te steek nie...
Hier is ek en my dogter op die stoep voor die pêlle opdaag. Ons het al die groente en ander goed opgesny (ek lieg sommer, sy't niks gedoen nie...). Lana is deesdae die lekkerste kind om te hê - sy is stil, rustig, happy; sy smile die hele tyd. Sy is uiteindelik 'n mens... (in teenstelling met haar eerste paar maande...).

Sy soek my wyn (Beyerskloof Pinotage). Sy't goeie smaak!

Tafel gedek; pot op die vuur. Eintlik twee potte - een room-hoender en die ander kerrie-rooiwyn-bief. Altwee potte het uitstekend gewerk. Baie trots op myself...

En daar was iets vir 'n droë keel ook...

Andre het ons almal verbaas. Die babas was mal oor hom. Hy het dit reg gekry om vir Lana en Jessica vir laaaank baie gelukkig te hou; terwyl die mammas die res van die kos kon maak.

Die Matthysens het onlangs uitgevind dat "Kosie" oppad is; hulle tweede swangerskap!! Wonderlike nuus!!
Pa se pragtige dogtertjie!!
En my seun plaas my toe in 'n effense verleentheid... ek het hom eerste gesien deur die deur storm met sy trofee; baie trots op homself...
Subscribe to:
Posts (Atom)