Oppad terug Nelspruit toe het ons op Kersdag gou by Oupa Jan en Ouma Corrie gaan kuier. Ouma is so effens ongelukkig omdat JH nie daar was nie, maar ons het goeie tyd met Sussa gespandeer. Sy is mal oor Oupa!!!
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
28.12.11
Sussa en die kersgeskenke
Sussa het vinniger groot geword as wat ek verwag het. Die skreeuende baba het in die pragtigste dogtertjie verander, en sy laat my hart smelt as sy na my kyk, effens skaam glimlag en my roep met 'n "Pappa..." en haar vingertjie vir my wys. Sy speel met haar eie geskenke, en sommer ook die ander se geskenke ook.
Skoonma se hase
27.12.11
Kersfees 2011
Kersfees in Virginia - tradisioneel gevier met heelwat kos, goeie geselskap, baie kinders, baie geskenke, en Kersvader (Oupa Wes) was ook daar. Groot voorreg om die 4 geslagte in dieselfde huis te hê!!!
Drieling!!
26.12.11
As dit reën in Nelspruit
Subscribe to:
Posts (Atom)