28.4.12

Ons bou "PIRATE ISLAND"

En en my seun het besluit om vir die jungle gym uiteindelik 'n dakkie op te sit. Beide van ons het kliphard gewerk - spykers gekap, houte gesaag, afgeval, geverf.



Hy het die naam "Pirate Island" self gekies. Hy het die opinie uitgespreek dat daai nie regtig 'n dak is nie. Met sy vingertjie het hy na ons huis se dak gewys en gesê dat 'n dak 'n skerp punt bo moet hê, maar dat hy die jungle gym se dak so sal aanvaar...




Alles het deurgeloop met die verf.
Die vloer...


Die hamer...



'n Tandeborsel (?! WTF)...


Aan die ou einde 'n heel goeie resultaat. Ons het selfs 'n vlagpaal geinstalleer.
Ons kort nou nog net 'n pirate vlag.



Ons is deurgaans fyn dopgehou...


Laaste dag..

Asof die see vir ons 'n teken gee en sê "gaan terug huis toe, Transvalers". Lekker reën, en baie daarvan.




Maar behalwe vir die laaste dag was die vakansie heerlik sonnig; soos 'n somer seevakansie behoort te wees.

Dis mooi by die see

Dis altyd snaaks hoe die see die heel mooiste is die dag voordat die vakansie verby is...







Hoe lank al doen ons Afrikaners dit wat Oupa Chris nou doen? Om see water vir die ousie terug te neem binneland toe... Wat maak hulle daarmee?


Is dit nie pragtig hoe JH se voetspore 'n hartjie vorm nie?


Ons groot seun en sy gunsteling speelding - Simba.





Groot voete = Jan-Hendrik; klein voetjies = Lana.
En hulle loop in teenoorgestelde rigtings.

Gholf met vakansie - Prince's grant

My vrou herinner my elke nou-en-dan dat ons nou op "daardie" stadium van ons lewens is, so ek neem aan ek moet aanvaar dat mens net een rondte gholf per vakansie sal kan speel. Dié keer op Prince's grant in Noord-Natal. Uitstekende baan. Ek het dit baie meer geniet as die vorige keer (dalk omdat Mamma saam gespeel het).




Sy kyk vir hom...


Perfekte setup...


Perfekte backswing...


Perfekte follow-through...


Kop af...

Dan vra ek myself - wat de moer het verkeerd gegaan?






Moment of impact.


Ek is mal oor gholfbane met donker paadjies. In die verlede sou ons gestop het, maar ek onthou skielik ons is in "daardie" stadium van ons lewens...




Kinders met vakansie

Die kids is ook met vakansie.
Lekker laf by tye.



Sussa speel met Oupa se bril.
Loving it...



25.4.12

Magnificent uShaka!!

Geen vakansie in Natal is volledig sonder 'n besoek aan uShaka nie.
Die kinders het mal gegaan in die plek.
Die akwarium is 'n absolute wenner.









Ek en my (oormoeg) seun geniet die robbe en die dolfyne se speletjies.


Sussa sukkel om wakker te bly deur dit alles.







Check die groot shark!!!