11.9.16

Pragtige Morgan Bay

'n Heerlike een-dag-trip op met die kus.
Morgan Bay is 'n pragtige plek waar mens baie naby die natuur kan kom.




















Boeta oefen gou voor sy klavierles

Om te leer klavier speel is baie harde werk.
Mens het baie energie nodig. Multitask help ook.

Alleen op die gholfbaan

Een van my gunsteling goed in die lewe - om vroeg op 'n weeksoggend alleen gholf te speel.
Baie gelukkig met my eie geselskap.

Boeta se verjaardag en Lentedag

Ek kan nie glo my seun is al 8 jaar oud nie. Ek het vir ure lank na vorige posts en ou fotos gaan kyk. Dis 'n plesier om hierdie twee kinders groot te maak. Hulle is wonderlike mensies; vrek slim en pragtig.





Boeta verjaar. Word 8!!!

Die verjaardagpartytjie - 12 kinders by die ten pin bowling baan, daarna by ons huis. Dit was chaos. Maar ek kan sien dat die kinders dit baie geniet het. Boeta was bietjie té kompeterend op die vloer (wil nie verloor nie); sal daaraan moet werk - ek hou ook nie daarvan as hy verloor nie (knipoog).









Wyntoer - terug by die huis

Ek stem saam my kind; ek dink ook die toer was effens té lank...
Baie dankbaar om weer tuis te wees!!!

Wyntoer - laaste dag

Laaste dag van die toer...
Ons is nou al moeg gekuier en veral moeg gedrink...

Hier besoek ons Tokara...



Rus en Vrede...


En Waterford...


Wonderlike mense leer ken - Miles Mossop en Kevin Arnold.

Wyntoer - nog 'n dag

Die manne is moeg gery, toe kry ons 'n taxi...




Die hele toer fantasties geëet...



Wyntoer - dag 5

Hierdie was 'n laaaaang dag, met 'n oorvloed fantastiese wyn - Kanonkop, Warwick, Laibach, en nog meer...





Wyntoer - dag 4

Hierdie dag was ons op die Franschoek tram (Chamonix, Eikehof, Grande Provence, Dieu Donne), toe aandete saam met Frans Smit, Jacques Marx en vrouens. Maar eers moes ek net gou vir Annie gaan geluk wens het met haar verjaardag; was wonderlik om hulle te sien, al was dit baie vinnig.