Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
1.1.11
Oujaarsdag; 2010!!!
Die einde van die jaar; en ek staan en kyk na my huis, en na my gesin, en ek sien hoe alles goed gaan. Marinda se keisersnit is deur die reserve gynae geskuif na komende Maandag die 3'e (aanvanklike datum was die 12'e). Marinda se eintlike gynae sit in Oudtshoorn. Ek vra die vraag: Wie in sy regte verstand hou vakansie oor Kersfees en Nuwe Jaar? Maar ons aanvaar die dinge wat ons nie kan verander nie; en eintlik is ek bly dat Marinda vroeër verlos gaan wees van die ongemaklikheid; ek weet sy wil weer begin hardloop.
Die kamer is so-te-sê klaar; die kleur en die tema is pienk, en dogtertjie, onderskeidelik. Ek is baie trots op die eindproduk; en ek kan nie wag dat Sussa (Riana / Lana / ons-sal-nog-sien) by die huis gaan opdaag nie; hopelik volgende week Woensdag.
Die Oupas en die Oumas is hier om te kom help met Jan-Hendrik, en hulle wil ook nie die nuwe baba se koms mis nie. Ons kuier heerlik; dis vrek warm in Nelspruit; en vreeslik humied. Ons spandeer lang tye in die swembad. Die Oupas speel met Jan-Hendrik; hulle leer hom swem; doen my 'n hengse guns. Daar is goed wat Oupas beter doen as Pappas...
27.12.10
Wat 'n besige langnaweek!
Wat doen die Swanepoels so oor 'n laaaangnaweek?
Wel, ons tel die dae af voor die koms van die nuweling in die gesin; en ons besef hoe min tyd daar eintlik oor is om die nuwe kamer klaar te maak.
Subscribe to:
Posts (Atom)