24.3.14

Skole atletiek; al weer sulke tyd!!

Dis al weer daai 60m sprint. Julle sal onthou dat Boeta laasjaar neergeslaan het met 5m om te gaan. Ons het intussen die man mooi geleer, en hy het hard geoefen om vinnig en reguit te hardloop.

Whooo!! Speed wobble...

Ek kan sien hy sit alles in.


En... 'n baie goeie tweede plek. Hy weet self die nuwe seun in die skool (Jean or Juan, of so iets) is groter en vinniger.

En sy Sussa is baie trots op hom!!

Ons vergoed haar ook vir al haar lojale ondersteuning.


En hierdie jaar kry die man 'n goue beker. Hy gloei van trots!!


My pragtige family!!!

Lana se verjaardagpartytjie!!

Lana se verjaardagpartytjie by die skool!!
Ek weet nie wie was die mooiste nie.. prinses Lana of die pienk Barby prinseskoek!!




Al die maatjies en hulle Mammas was daar.

En haar eie Mamma!!

Paultjie en Alex.

Juffrou Martlie

En 'n baie gelukkige Samuel!!

20/20 krieket op Buffalo Park

Ons kyk krieket by Buffalo Park. Die Warriors speel teen die Knights..

Sommiges van ons kyk krieket.
Andere sit en mooi lyk..

Die groot manne speel asof dit belangrik is..

..maar ons weet die belangrike game word langs die kant gespeel!!

Mamma se verjaardag is ook belangrik

Foto geneem tydens ontbyt op die 6'e Januarie.
Mamma kom van 'n run af. Die kinders is nog effens aan die slaap.
Baie geluk, Mamma!!

My dogter word drie!!

Fotos wat ek op die 3'e Januarie geneem het toe Lana verjaar het.
Kyk net daardie pragtige gesig!!

Maklik om net drie kersies uit te blaas.
Wag tot jy veertig is skattie...


Vreeslik trots op sy sussie.

Kom ek help...



Die geskenk is groter as sy...

My eie spieeltafeltjie. Nou gaan ek die hele dag sit en myself mooi maak!!!

Nog 'n geskenk, sommer vir die hele gesin. Vingerbord!!
(vat my baie ver terug...)

Boeta en sy verbeelding...

Boeta se draak is lewendig, en le eiers; soos in regte eiers wat hy in die yskas gaan haal en in die ou visbak plant in sand wat hy uit die sandput gaan haal het. Die draak sit in die aande en eiers uitbroei...


Met sy "pikswart" ogies, soos Sussa dit noem.