Dit lyk tog of Jan ook die toer baie geniet het...Van 'n Kapernaar word darem verwag om wyn te drink... al toer hy in Bloubul country...
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
17.11.11
Gholftoer - Elements
Wat 'n fantastiese baan!! Ek het Elements baie geniet, en ook my beste telling van die week hier gespeel, maar ek het ongelukkig ook my pitching wedge se shaft mors af gebreek weens woede. Ek en die pro shop mannetjie het so bietjie vasgesit... Mens het nie 'n wedge nodig nie. 'n 9-yster werk net so goed!

Ontbyt voor die tyd.
DIS mos hoe 'n gholfbaan moet lyk!!!

Bia en Piet Scheepers diep in gesprek voor hulle skoene gaan aantrek vir die dag se gholf.
Attie werk aan sy eagle puts...
Die keer is dit Andrew en Werner Pakendorf wat groot buddies is. Ken mekaar al jarrre...

Attie toor daai right-to-lefter uit soos 'n ware pro...
Fanie slaan hom (meeste van die tyd) van links-na-regs. Darem altyd van hier-na-daar...

DW launch 'n grote... Die nou fairways was egter nie in sy guns nie...
Na die tyd kuier ons lekker saam met die manne van Investec wat op hul eie gesorg het vir so bietjie kleur...
Ons sit en rugby kyk by die klub na die game. Andrew is baie toepaslik geklee in Gucci of iets soortgelyks.

Dit lyk tog of Jan ook die toer baie geniet het...Van 'n Kapernaar word darem verwag om wyn te drink... al toer hy in Bloubul country...
Dit lyk tog of Jan ook die toer baie geniet het...Van 'n Kapernaar word darem verwag om wyn te drink... al toer hy in Bloubul country...
Gholftoer - Euphoria
Dag 3 van die toer - Euphoria naby Naboomspruit. Die baan is uitstekend ontwerp, maar toe ons daar was, was die baan nie baie goed versorg nie. Dit is 'n uitstekende ontwikkeling, en ek het verneem dat dit onlangs oorgekoop is deur 'n groot hotelgroep. Ek hoop hulle gee 'n bietjie meer aandag aan die baan se versorging. Ek het nie baie van die baan gehou nie; dit was te moeilik vir my. Op hierdie baan is mens die hele tyd in die sand.

Nic Visagie - in die sand...
Werner Pakendorf - in die sand...
Ek - amper in die sand...
Op hierdie fotos lyk dit of ek 'n goeie gholfer is. Ten minste het ek al die moves...


Werner - die foto wat ek Laevelder toe wou stuur, maar toe keer Marinda my.
Sias - in die sand...
Sias - weer in die sand...
Werner - in een-of-ander moeilikheid...
Werner - die foto wat ek Laevelder toe wou stuur, maar toe keer Marinda my.
Gholftoer - Zebula
Gedurende die gholftoer bly ons by Zebula. Uitstekende fasiliteite. Twee (eintlik 4) groot huis gehuur. Twee swembad-grootte borrelbaddens; drank en stories oorvloedig!


Eerste dag speel ek saam met Alex en die Swanepoel-huursoldate.. What a game!!
Die manne is "dressed to kill". Spot the branded logos...

Jan net voor impak!! Woes!! Ek het soortgelyke fotos van hom toe ons kinders was. Die wilskrag is nog steeds dieselfde.
Jan net voor impak!! Woes!! Ek het soortgelyke fotos van hom toe ons kinders was. Die wilskrag is nog steeds dieselfde.
Gholftoer - JHB Country Club
My blog is so bietjie agter. Hier is die fotos wat geneem is op die eerste dag van ons gholftoer - Johannesburg Country Club. Pragtige baan, maar ongelukkig het die gholfdag uitgereën.



Kleinboet Andrew in 'n pikante blou en oranje. Medi-clinic se nuwe branding kleure (...!).
'n Baie indrukwekkende klubhuis..
Die kakpraat 4-bal van die dag - Theo Stronkhorst, Fanie Fourie, Philip Goosen en Sias Willemse.


Look and learn!!
Andrew in volle vaart...

Unfortunately...

Toe word ons mos geforseer om te drink tot die son onder is..
Toe word ons mos geforseer om te drink tot die son onder is..
Subscribe to:
Posts (Atom)