Aangesien ons alleen in Oos Londen sou wees op Sussa se  verjaardag het ons sommer besluit om haar partytjie te vervroeg toe ons by  Skoonouers was en daar vir haar maatjies was om meet e speel (Tiaan).  Jan-Hendrik het dit vreeslik ernstig geneem, seker gemaak dat sy alles reg doen  en hy het pligsgetrou geassisteer met die uitblaas van die kersies. Ek kan nie  glo my dogter is al twee jaar oud nie. Ons kan nou maar ophou om na haar  ouderdom te verwys in maande. Sy’s nou 2!!!
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
13.1.13
Swem en speel, die dag na Kersfees
Dis wonderlik om te sien hoe my kinders leer swem in die  swembad waarin ek leer swem het. Op die trappie waarop Jan-Hendrik vir ure lank  geswem het, het ek ‘n groot deel van my eie kinderjare deurgebring. Tyd  vlieg, herinneringe bly. En so word ons ouer en met elke uur maak ons meer en  meer plek vir die nuwe geslag – die kindertjies wat nou sonder enige  worries net wil speel.
Ouma Corrie se pragtige tuin!!
Ek kan verstaan dat my Ma elke oggend vroeg opstaan en lank  in haar eie tuin gaan loop – om te kyk na alles wat mooi is, en sommer om  te beplan wat volgende moet gebeur. Dit is een van die mooiste roostuine in die  wêreld. In Desember is dit altyd ‘n fees van kleure!!
Kersfees in Potch - Kersvader, the Return
In Potch op Kersdag, ons eerste Kersfees saam met JW!!!! Hy’s  yslik groot, solid!! Die center of attraction.
Subscribe to:
Comments (Atom)

























































