7.1.11

Lied in die hart...

Dit het weer die hele nag gereën in Nelspruit. Ek word deesdae wakker met die spreekwoordelike lied in die hart; loop deur my tuin en kyk na al die pragtige goed. Jan-Hendrik dring daarop aan om te swem (al is dit nogal koud); en Oupa fix iets op die stoep.


Kyk hoe mooi is ons tuin!! Dis asof die hele natuur jubel saam met die Swanepoels.




Marinda sê dit lyk vir haar of hierdie spinnekop 'n sweetie op sy rug ronddra...







Ontmoeting met die extended family

Die eerste oggend wat ons almal saam wakker word in ons eie huis. Ons gesinnetjie van 4 mense. Ek en Marinda is tydelik bietjie van bed geskei want ek raak aan die slaap op Jan-Hendrik se bed as ek hom in die aande daar aan die slaap gaan maak (dit het met my Pa ook gebeur toe ons klein was); en op die manier kry ek ook sommer 'n lekker nagrus (nuwe matras; meer spasie...).

Dit is ook vandag Marinda se verjaardag. Ek dink dis die grootste kers-/verjaardaggeskenk waarvoor enige persoon kan vra - gesonde baba dogtertjie. Terwyl ek besig was om hierdie blog te skryf het sy bietjie gehuil; ek en sy het voor die tv gaan sit en die mooi musiek op kanaal 139 geluister - kamer musiek; sy het op my bors gelê en aan die slaap raak; wat 'n ongelooflike groot voorreg!!!

My dogter - die denker..



Ons het die vriende genooi vir 'n koek en tee (en Amstel) kuier gister laat-middag; almal was hier behalwe die Mathyssens wat met vakansie is. Mens besef net weer met hoeveel liefde mense elke dag omring word.

En Marinda (wat soos julle kan sien geen groot operasie Maandag oggend gehad het nie) is al weer die beste gasvrou ter wêreld. Met regte koek, regte tee; o ja, en Mariet het gesorg vir die Amstels.


Die kinders het redelik wild buite gespeel; en ek dink Jan-Hendrik is die enigste een wat nie op een-of-ander stadium gehuil het nie; eintlik het almal gehuil omdat hy te wild speel en almal seer maak; ek weet nie waar kom hy daaraan nie... op hierdie stadium is hy so bietjie van 'n boelie...



5.1.11

Lana kom huis toe!!

Nog 'n lang nag... harde vloer... maar Sussie was rustig; sy en haar Ma is gesond!!! Vandag gaan ons huis toe.





Laaste bad in die hospitaal; Sussa hou nik van bad nie; vreeslike keel opgesit!!





Laaste ontbyt in die hospitaal; môre eet ons lekker, moenie worry nie. Net 'n grappie; die hospitaal se kos is heerlik!! Ek was jaloers. Ek het drie dae lank gelewe op Wiesenhof se take-aways...


Kyk Lana se perfekte koppie!! Heelwat meer hare as Jan-Hendrik met geboorte.


En perfekte gesiggie. Ogies oop; wakker; geinteresseerd!! Laat my dink aan Jan-Hendrik op daardie ouderdom. Net kleiner; skerper gesiggie.






Ons is oppad huis toe; neem net gou 'n laaste fototjie!!


Ons het die nuweling gou vir die lab se personeel gaan wys.


Groepfoto van die histologie span; die foto gaan seker reguit Amchat toe vir die volgende uitgawe. Ek het die beste kollega in die wêreld - Reinette (heel links op die foto) het haar see-vakansie kort geknip met een week net om by die werk te wees terwyl ek op die kraamsaal se vloer slaap. Baie dankie kollega; jy is 'n wonderlike pel.


En EENDAG OP 'n REëNDAG... ry ons huis toe (sonder 'n babastoeltjie; teen 10km/uur); dit reën buite; dis fantasties!! Kan dit nie beskryf nie; ek is die trotste pa in die wêreld.




En dit is net toepaslik om huis toe te kruip agter 'n Laeveld Bouhandelaars trokkie; hulle voel ook soos deel van die familie. Al soooo baie gebou by die huis..




BY DIE HUIS!!! HIER BEGIN ONS NUWE LEWE AS GESINNETJIE VAN 4 !!!



Foto saam met Oupa Chris.



Jan-Hendrik vat saggies; hy weet sy's klein. Skreeu en gaan tekere om haar "saggies" vas te hou; dis asof hy smeek.






ALLES IS OK BY ONS. ONS IS GELUKKIG. ONS SLAAP AL 4 VANAAND OP EEN BED; EN DIT REëN.

4.1.11

Ontmoeting met die familie.

Die uitslag en die swelling is besig om beter te raak; vandag ontmoet ons die res van die gesin (Jan-Hendrik).

Oupa Jan en Ouma Corrie het gisteraand kom totsiens sê; vanoggend vroeg terug Potch toe (werk, werk, werk).

Ons kom agter dat Boeta alles verstaan; hy is reeds baie lief vir Sussa; hy weet hy moet saggies vat en hy noem haar 'n "klein babatjie". En hy moan as ons haar weg vat; en hy skrik as sy huil. Hy het haar gelukkig net een keer teen die kop geklap; verder was dit sonder enige insidente.

En hier is Lana saam met Oupa Chris. Sy huil onbeheersd; Oupa probeer help; maar die oomblik toe Marinda haar vat was sy stil. Wys jou wat Old Spice aan sekere girls doen...

Lana het vir Jan-Hendrik 'n geskenkie saamgebring (seker maar van "binne" af, of waar ookaal sy "vandaan" kom..); hy kyk dit so bietjie skeef en sonder vreeslike belangstelling aan; daar is meer interessante speelgoed in die kamer.

Leoné Human het ook vir ons kom kuier. Sy voel ook mos soos familie. Thanks for the visit tjomma!! Lekker bruin gebrand na haar Mosambiek-Malaria vakansie...

Jan-Hendrik is gefasineerd met haar koppie en die hare. Hy vryf haar saggies en hy wil net die hele tyd na haar handjies en haar voetjies kyk. "Klein" sê hy.

Hy gee sy Ma 'n lekker druk en 'n soen. Hy was afterall eerste; OUBOET!! Pappa se groot seun!!


Hier is ons saam met Oupa Chris en Ouma Riana. Hulle moes hom hier wegskeur oppad terug huis toe. Dalk sal ek vanaand saam met hom by die huis gaan slaap.



MY SUSSA!!