24.2.11

Skielike vakansie !!

DJ bel my eergistermiddag met twee onderwerpe vir bespreking...

Sy vrou Elmien verwag voorlopig 'n drieling!!! En hulle voel dit verdien 'n bietjie celebration. Ek was effe geskok, maar ek moes saamstem...

En hy reken dat Marinda 'n vakansie by die see nodig het na die hele nuwe-baba-keisersnit en ongemaklike swangerskap ervaring. En (met 'n geringe skuldgevoel deep inside) moes ek weer saamstem.

En toe deel hy my mee dat hy reeds vir ons 'n plek voorlopig bespreek het tot en met Maandag; in Umhloti; en hulle is ook toevallig daar...

Dit is toe dat ek net weer besef dat ek die beste kollega in die wêreld het - Reinette het sonder enige huiwering ingestem om alleen te werk vir 'n paar dae; toe begin ons pak.

Die volgende oggend was ons met eerste lig in die pad. Hierdie foto geneem van die ongelooflike Baberton vallei toe onder die mis. Saggies gereën in Nelspruit toe ons daar weg is.


9 ure later en 'n paar diep potholes en die minister van finansies se pretty-much-non-specific-tog-komiese budget toespraak later ...

... en die gebruiklike ontbyt stop by die Spur in Piet Retief ...




(Jan-Hendrik sit 'n helpende handjie by; die "oom" skuur die perdjie af; JH help met bietjie afwerking oor die perd se neus)...


UMHLOTI BEACH!!! Laat middag; fantastiese weer; Marinda is happy; dus ek ook.


Sussa minder happy; die see is vreemd... en die wind!!!

Hier is twee mense wat nie regtig weet wat vir hulle wag nie... twee kinders van verskillende ouderdomme is een ding; drie bekkies is iets anders.
Fantastiese plek!


Die vakansie was toe 'n baie goeie idee. Ek kan nie wag om bietjie gholf te gaan speel nie...

Huis = habitat ...

Nou dat ons bewus is van die kobra in ons tuin... watter ander skepsels gebruik ons huis as habitat? Sommer teen een muur die volgende:

Akkedisserige ding met 'n naam wat ek nie ken nie...

Een of ander nes in 'n dieperige pleister defek (ons bouers daardie tyd was maar baie suspect...); dalk 'n swart perdeby nes? Ek sien die reënspinnekoppe maak ook sulke skuilings..

En natuurlik is ons mure vrot van hierdie klein spinnekopnessies. Lyk soos 'n Toti woonstelkompleks - duisende similar huisies; elk met 'n inwoner; elk met 'n dooie mier, muskiet of iets anders wat ingetrek en vermoor is...

Ons huis - 'n ware habitat vir groot en klein...


Die kinders ... slaap en wakker ...

Wanneer hulle wakker is, sit ons nie vir 'n minuut stil nie. Cute and busy...

en Sussa is so bietjie van 'n skreeugat; maar ek kry haar redelik vinnig stil (ek kan sien dit pla Marinda so bietjie - die geskreeuery en my magic; ek en my dogter het al klaar 'n beter verhouding)...

En Jan-Hendrik speel al die honde moeg; gelukkig het die bure se dogtertjie twee nuwe Jack Russels (Leila en Georgie); en JH speel hulle simpel. Hulle klim deur die palisade om met hom te kom speel. Jong slim hondjies. Ek wag nog vir die dag wat ons eie honde uitkom en die jongetjies dié kant van die heining betrap... (George = dood; Leila = verkrag)... kom ons dink eerder nie daaraan nie.


En wanneer hulle slaap ...


... VREDE!!!

Konsert by Sheppards Boutique Hotel..

Die afgelope Saterdag- en Sondagmiddag het ons weer konserte gehad by Sheppards Boutique Hotel in Nelspruit. Die tema was musiek uit die Britse eilande. Ek het die volledige G mineur sonata van Henry Eccles en Salut d'amour van Elgar gespeel; met groot sukses. Dis lekker om weer bietjie te oefen.

Dit is 'n wonderlike plek, en daar was heerlike gesonde kos. Die musiek was self baie goed.




Die kunstenaars - ek (maar niemand het foto van my geneem terwyl ek gespeel het nie...), Walter wat sing, Theresa Prinsloo op die klavier, Paul Savage op tjello en klavier en Ellouise (van vergeet; ? spelling) op klarinet. Wonderlike musiek leer ken!!


En Coba (bestuurder van die hotel) sing saam...

Volgende konsert in Mei - Amerikaanse musiek. Ek het geen idee wat om te speel nie...

Sussa se eerste doktersbesoek..

Haar ses weke ondersoek; en alles lyk normaal. Sy was selfs stil tydens die ondersoek, maar die inspuitings het 'n klomp verborge haat en aggressie in haar ontketen. Julle weet seker wat ek bedoel...


Jan-Hendrik was vreeslik geïnteresseerd in die hele gedoente. Hy het aanvanklik met die dokter (Pierre Taljaard) baklei omdat hy aan Lana vat; maar met die tyd het hy selfs begin hulp verleen.
En toe gebeur iets wat hy nie verwag het nie - sy eie HepA booster inspuiting. Hoogs verontwaardig; in goeie Afrikaans lekker die moer in vir alles en almal... Ek het nie skuldig gevoel nie; 'n klein bietjie seer in sy eie beste belang.

Goggas..

Ek glo daar is net drie tiepes brommers in die wêreld - die goeies (wat op die plante sit en my uitlos); die slegtes (wat op 'n drol en dan op my kos kom sit), en die beste tiepe (dood)...

Kyk hierdie gogga se pragtige kleure en patrone. Die Skepping is darem magnificent...

23.2.11

Beste buddies; en 'n boks...

Gewoonlik deel hulle niks nie; veral nie Jan-Hendrik nie - hy is so bietjie van 'n boelie...

Maar so sit hy en Nico Meyer lekker saam in die boks vir amper 'n uur by die marathonklub 'n paar aande gelede; sonder om te kla of te baklei. Mal daaroor... lag die hele tyd...

Kinders is vreemde goggas!

Ongenooide kuiergas...

'n Paar dae gelede, met die eerste voet deur die deur terug van die werk af sê Marinda vir my dat "Rassie 'n fight verloor het"; en ek visualiseer al 'n hond wat vol gate gebyt is deur een van die honde in die straat, of dat hy geskop is deur een van die bobbejane wat soms op en af in ons strate loop...

Buite sit 'n effe patetiese hondjie met toe-geswelde ogies, en die vrees wat ek nog al die jare onderdruk het spring na die oppervlakte... F%kkit!! Spoegkobra!! In my erf!! Waar Jan-Hendrik speel!!

En ek dink aan die vele kere wat ons Jan-Hendrik alleen buite laat rondloop het om te verken omdat die agtererf (so glo ons) "toe" en "veilig" is...

Ek laai die patetiese en effe bewerige hond in my bakkie (dis nou natuurlik net hare waar jy kyk) en gaan kuier vir ou John Luyt (ons veearts; woon net so twee blokke weg; altyd daar behalwe op Woensdagmiddae wanneer hy gholf speel; onbeskikbaar op Wonesdagmiddae nou al vir seker 55 jaar).

"No doubt, Piet, Mozambican spitting cobra..." en hy was Rassie se ogies uit; Rassie effe weerstandbiedend, brand seker vreeslik.

En hy gooi steroied oogdruppels in beide oë (mens kan net-net die ogies oopkry, shame).

"Try not to use all of this", en hy gee die buisie vir my, "and store it somewhere cool so you can use it next time"... next time... dit pla my.

"and don't use it on the kids"...

en ek bespeur nie 'n glimlag of 'n grin nie. Hy is ernstig...

En hy weier om enige geld by my te vat vir die besoek en die medisyne nie. "I don't have an oversized 4x4 to pay off, Piet", sê hy en sien ons af...

Vreemde ervaring.

Rassie was die volgende oggend al heelwat beter.