22.2.12

Naweek in die wildtuin

Ons het middel Januarie uitgekamp saam met die pêlle by Berg-en-dal. Die veld is pragtig groen en die wild is pragtig vet. Ons het baie van 'n kort kuiertjie gemaak. Almal het die kampery baie geniet. Die kinders het gespeel asof daar nie weer speelkans gaan wees nie.






Sussa hou van skoonmaak.


Jan-Hendrik, Nico en Theunsie.









Interessante klipformasie buite Berg-en-dal, naby die dam.





Wat my opgeval het met hierdie besoek was die pragtige veldblomme. Ek het so 'n paar probeer afneem.





Ek en 'n verkleurmannetjie by Berg-en-dal het nogal 'n geskiedenis.


Lekker nat gereën; probeer vlerke droog kry.



Ons het vreeslik baie renosters gesien, maar elke keer is jy hartseer met die gedagte dat jy hulle dalk nie weer gaan sien nie. Stropery het nou 'n baie groot probleem geword in die wildtuin. Niemand weet wat om hieroor te doen nie.




So!! So eet mens middagete langs die swembad.








Ons het ook sommer die naweek gebruik om Theunsie se verjaardag te vier.


Cheers!! Op Theuns!!

21.2.12

LaBri / Vergelegen wynproe in Nelspruit

Met die onlangse wynproe (deur my aangebied by die lab) het ek die wyne van die vroulike wynmaker by LaBri (Irene Walker) en die manlike wynmaker by Vergelegen (Andre van Rensburg) met mekaar vergelyk. Die verskil in wynmaak filosofie is goed onderskei; die wyne verskil heelwat, maar alles was uitstekend. Dit was 'n heerlike aand, en dit was die eerste keer vandat ek aangesluit het dat almal die blinde proe korrek gehad het. Ons gas was Jean Nel.





Daar is weer eens baie stories vertel.


Twee starters is vinnig leeg gedrink (voor die vergadering begin het) - Spice Route se skeppings..


Groot akademie...


Slim manne... dis lekker om een van hulle te wees.