25.12.10

Oukersdag 2010!!

Die dag het begin met 'n baie spesiale kuiergas (en om te dink Kersvader moes nog kom..)

Ons het hierdie outjie bloot toevallig op ons muur gesien; eintlik het hy vir ons gesit en kyk. Hy was nie baie groot nie; ek skat hy was so 80cm lank (sonder sy stert); en hy het hopelik terug verdwyn na die bure se kant toe, want die honde mag dalk net seer kry as hulle hom sou wou konfronteer.
Die ander besoeker by ons huis gister was KERSVADER!!! Jan-Hendrik het dit heeltemal gekoop, want ons het die ontmoeting in die donker gereel (nadat hy 'n totale wardrobe malfunction gehad het - sien onderste fotos), maar die stem en die waggel en die geskenke het heeltemal opgemaak vir die baard wat op sy gesig begin disintegreer het...

Jan-Hendrik is selfs 'n liedjie saam met sy Mammie gesing (...twinkle twinkle little star...); en toe gee hy vir Kersvader 'n chockolate vir die pad en 'n paar lekker drukkies (glad nie bang nie).

Kersgeskenke op hope!! Jan-Hendrik het gekry (by Kersvader): nuwe Little Tiger gholfstokke (die geles; kleinstes), 'n Vleigtuig, en 'n Remote Control Helikopter!!! Pappa het 'n elektriese wynbottel oopmaker gekry en die nuwe Platter. Mamma 'n nuwe horlosie (wat sy self gekies en gekoop het).



Op hierdie foto lyk hy vir my so bietjie na Annies toe sy so klein was; dalk is hy eendag net so stout (sorry, ek meen slim) soos sy...

VREESLIK GELUKKIG!!!! Ek kan nie wag dat hy groot genoeg is om 9 gate te stap nie... Die swing en die ball sense is reeds daar.

Mamma is ook baie gelukkig; effe ongemaklik...
Geseënde Kersfees aan almal!!! Ons hoop julle het 'n WONDERLIKE DAG!!!!

21.12.10

Kersfeesete by onse bou site...

Sit die kamera net op 200 en op 16; so maklik soos dit; sê Marius Human vir my; en daar neem ek die hele maan af en sit dit op die Internet; met 'n cheaperige mik'n'druk kamera sonder lense. Imagine as ek net lense gehad het (en dalk verstaan het wat die 200 en die 16 beteken het)... Die tafel is pragtig op die stoep gedek vir die feesmaal waarby ons gaan aansit; Marinda het haar self net weer fiks genoeg bewys om 'n Ma van honger kinders te wees - haar kos (veral die pampoen flatties met karamelsous en die so-sag-en-heerlik-soos-my-ouma-Bezuidenhout-se-elke-dag-vleis-uit-my-verre-verlede-sjoe-mis-ek-ewe-skielik-die-plot-met-die-raserige-pomp-perde-en-Clifton-koeldrank-buite-Rustenburg vleisies; ek het skoon 'n traan in my een oog gekry toe ek vir die derde keer gaan opskep. Baie ongemaklik gaan slaap; maar dit was wragtag die moeite werd. O ja; en Kersfees is ook gevier met persente en krismisboom met liggies, Amstel en swem.

Mamma; ver pregnant; kind op die heup; kaalvoet; agter die stoof; mooi!

En ek het geleer dat klein Jessica nie van kopstamp hou nie; lyk my nie dis 'n populere speletjie in ander mense se huise nie...

En JH verlang na die dae toe hy ook nog met gemak in een van hierdie baba-stoeltjies kom pas. Ek het so oor rolskaatse gevoel toe ek klein was - my Ma het my rolskaatse belowe as ek dit kon regkry om gewig te verloor (37kg steek in my kopvas); onnodig om te sê dat ek nooit rolskaatse besit het nie...


NOG 'n heerlike aand saam met wonderlike mense. Kan nie wag vir Riana om ons te join nie...

Piet die bouer...

Julle wonder seker hoe kry ek fotos geneem uit so 'n mooi hoë akute hoek; van my pragtige welige groene tuin...
Wel; jy werk op 'n scaffold; moerhoog in die lug; met lewens-gevaarlike power tools; en jy word vreeslik vuil (dat die stof drie dae later nog in stukkies uit jou ore kom as jy met jou sleutels daarin krap)...

Moerse grinder; en die breaker (jack hammer-tiepe masjien wat so djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-
djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-
djugga-djugga-djugga maak); en dan spat die pleister en die stene dat dit daaaar trek; en jou skouers wil afbreek; en jou skoene, klere, hare, die sitkamerstel, kombuis, kind, honde en vrou is net stof. Dit laat mens soos 'n regte man voel!!!





En die eindresultaat is iets waarop mens moerse trots kan wees - jou eie grootste gat ooit!!

Ek het vir Afrika ingeskry om vandag die pleisterwerk te kom doen, en om 'n ry stene of dalk twee bo in te bou nadat hy/hulle ook die lintels opgedra, opgetel, en vasgesement het. Ek sal more 'n meer finale foto op die blog sit.
My vloer het hier en daar so bietjie skade gekry; ek het my absolute bes probeer om dit te beskerm, maar dit het maar so bietjie woes gegaan. Ek sal dit net uitskuur; en dan sal die vloer seker 3 of 4 lae seelaar kry... (Is daar so woord soos seelaar?)

Dit is die uitsig uit die kamer uit!! En daar kom wonderlike lig en veral vars lug in die boonste gedeelte van ons huis (die eerste keer sedert 1962...). Ek kan nie glo die vorige eienaars het nie hieraan gedink nie. Die gemak waarmee hierdie hele bou-episode gegaan het, het my sommer heelwat ander planne gegee vir bouwerkies by die huis. Ek is nadese nie meer bang vir swaar tools wat met se hande kan afsny, of hoogtes nie.

Jaareindfunksie van die Wyngilde

Ek het al begin moed opgee met hierdie funksie; ons het vreeslik gesukkel om 'n datum te kry wat almal pas; uiteindelik besluit op die 21 November; en toe op die dag is almal siek. Gelukkig het Stapes nuwe lewe in die idee geblaas nadat ek al die ding gekanselleer het en krismiswense vir almal gestuur het. Die funksie het uiteindelik afgelope Woensdagaand by Orange plaasgeving. Wonderlike wyn is gedrink; and a merry time was had by all... (soos die sekretaris sou gesê het...)

En dit was vreeslik lekker om vir Marinda ook daar te hê. Jan-Hendrik het 'n skielike liefde ontwikkel vir die Human dogters. Thanks Leoné; dat ons kon uitgaan sonder om te worry of ons seuntjie in 'n hoekie pateties sit en huil (dis wat gebeur het die vorige keer toe ons die baby-sitting ding met iemand anders probeer het). Ek jok sommer; JH het nog nooit iets in 'n patetiese manier gedoen nie - daai kind het wragtag 'n sterk persoonlikheid. Hy was vandag die moer in toe hy nie saam met die bou-manne kon gaan "werk" nie; toe gee ek hom maar die grinder om mee te speel; toe hoor ek hy skreeu van ongeduldigheid, want hy sukkel om die grinder ($%&#!!) in die $%&#!! muurprop te druk. Gewone kinders van sy ouderdom probeer nog hulle vingers daar in kry; hy tel al tot 10...