Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
11.9.11
Dis lekker in die Spur...
Happiest baby on the block!!!
Die drieling word gebore!!!
Die 2'e September; loslitdag in Bethlehem se Mediclinic. Die groot dag waarvoor almal gewag het - die koms van die drieling!!!

Voor die tyd in die gang buite die teaters. DJ en Elmien is vol opgewondenheid oor die koms van hul gesinnetjie. Dit is darem baie spesiale tye in mens se lewe!!!
Almal wag; eet hulle naels op...
Sommiges vind die gewag bietjie uitputtend...
Klein babatjies, maar al drie baie gesond en PRAGTIG!!!

Ek sal met 'n latere post die naampies gee; al drien die name begin op 'n "A", maar ek moet eers die spelling verifieer.
BAIE GELUK JULLE ALMAL!!! Julle is baie spesiaal vir ons hier in Nelspruit. Marinda het hierdie fotos geneem; ek was self nie daar nie. Maar ek kan nie wag om julle weer te sien nie.
Jan-Hendrik word 3!!!

Boeta ry perd!!
Dit sneeu op die Long Tom pas!!
Ou tjomme...
O HEER MY GOD - AS EK IN EERBIED WONDER
EN AL U WERKE - ELKE DAG AANSKOU
DIE SON EN MAAN - DIE AARDE, STERRE, WOLKE
HOE U DIT ELKE DAG - SO ONDERHOU
EK SIEN DIE VELD - DIE BOSSE, BERGE, VLAKTES
EK HOOR HOE FLUISTER - GRASSE, BOOM EN WIND
O HEER U SORG - VIR KLEIN VIR GROOT VIR ALLES
EN U SORG ELKE DAG - VIR MY U KIND
DAN MOET EK JUIG
MY REDDER EN MY GOD
HOE GROOT IS U
HOE GROOT IS U
WANT DEUR DIE HELE SKEPPING KLINK DIT SAAM
HOE HEERLIK HEER U GROTE NAAM
The day after the dinner before...
My skoonouers het vir die dag deurgery Potch toe en hulle het vir klein Tiaan saam gebring. Almal was lekker uitgerus na die besige aand van tevore; die hele familie het net gesit en kuier, met 'n dubbel-en-something in die glas en 'n storie om te vertel. Alles is bespreek.

Subscribe to:
Posts (Atom)