14.7.12

MY PRAGTIGE HUIS... IN DIE MARK.

Dit is so 'n moeilike blog entry om te skryf. Ek en Marinda het, na maande se huiswerk en wonder, finaal besluit om Oos Londen toe te trek. 'n Goeie posisie is vir my aangebied binne die praktyk waarvoor ek werk, en die skuif hou vir ons as gesin groot beloftes in. Ons sien eintlik beide uit na nuwe uitdagings, maar ai, die onsekerhede...

Ek is dus nou verplig om redelik vinnig my huis te verkoop. Ek het hierdie fotos geneem sou ek moet die huis oorhandig aan 'n eiendomsagent, maar ek het besluit om dit op my blog te sit as herinnering aan fantastiese tye in die Laeveld.


Die oprit na ons huis toe. In 2006 het ons die hele ou houtheining rondom die erf afgebreek en vervang met 'n hoë muur met 'n formele voordeur wat die huis verbind oor 'n houtpaadjie deur die tuin.


Ek het vroeër die jaar die een garagedeur groter gemaak om plek te maak vir die karavaan. Die hek aan die linkerkant het ek laat bou in 2006. Die hout is alles herwin met die afbreek van die ou houtheining. Hier ry Jan-Hendrik met sy fiets, en vlieg met sy helikopters (tot binne in die buurman se erf).


Die stoep se dak (slab) het ons gebou in 2007. Dit is dalk die enkele bouprojek wat die meeste bygedra het om hierdie huis 'n lekker leefhuis te maak. Op die stoep (waar ek ook nou sit en blog) het mens 'n ware vakansie atmosfeer, winter en somer. Hier sit ek gereeld met my verkyker en kyk na al die mooi voëls in my tuin.


My goeie en getroue braaier. Baie tyd het ons saam gespandeer. Vroeër die jaar het ek vir die braaier 'n extractor ingesit wat werk soos 'n bom. Die kole is nou selfs vinniger gereed vir braai.


My pragtige huis van voor af. Die swembad is toe vir die kinders. Die swembad is oorgedoen in 2011, en daarmee saam het ons die hele tuin voor rondom die swembad gerehabiliteer.


Die voorste tuin van bo af (foto geneem op die stoep se slab).


Die tuin en huis aansig vanaf die Weste kant. Ek het vroeer die jaar drie groot JoJo tenks opgesit waarmee ek heelwat van die reënwater opvang vir die tuin. Die hoofslaapkamer het deure na buite (bo) met die plan om hier nog 'n dek te bou waar mens na die voëltjies kan sit en kyk.


Hier het ek baie ure gespandeer om vir my kinders die mooiste jungle gym in Nelspruit te bou. Hulle (veral Jan-Hendrik) het my gehelp spykers inslaan en hout skaaf. 'n Groot deel van my hart en siel is in hierdie projek vasgevang.


Die dek wat ek en my skoonpa en sy skoonpa (Oupa Wes) in 2008 gebou het. Marinda was daardie tyd swanger met Jan-Hendrik. Op die hoek, links bo op die foto, het Oupa Wes gedog hy's jonk, oor 'n houtbalk probeer spring en grond gekoop. Daar lê nog steeds honderde skroefies onder die dekplanke. Dit was 'n heerlike ervaring om dek te bou saam met skoonpa en skoonoupa.


Ons TV kamer (eintlik 'n sitkamer). Ek het in 2005 die houtblokkies vloer met eie hande, rug en sweet afgeskuur. Dit is een van die mooiste features van hierdie huis. Ek gaan my houtvloere vreeslik mis eendag.


Nog 'n sitkamer / kuierkamer. Kyk hoe mooi is my houtvloere!!! Op hierdie vloer het oorle Victor (boerboel) in 2007 (dink ek) die Griek Simos (my Pa se besoekende kollega) aangeval en stukkend gebyt - eers op die hand, toe op die linker boud, en toe op die regter boud. Retrospektief was dit eintlik nogal snaaks, maar daardie aand het niemand gelag nie, glo my.


Ons eetkamer waar ons elke weeksaand ons kinders probeer tafelmaniere leer.


Die nuwe kombuis (soliede rooshout) wat ons in armoede in 2005 / 2006 laat bou het. Die vertrek was eers 'n gastekamer... Ons het heelwat mure afgebreek om die huis 'n oop-plan gevoel te gee.


Ons gastekamer met badkamer. Dit was eers die huis se kombuis... ver agter in die Suid-Oostelike gedeelte van die huis weggesteek. Nou is dit 'n heerlike gastekamer vir ons besoekers.


Die studeerkamer was eers die eetkamer. Ons het groot vensters en deure ingebou. Dit is heerlik om in die Somer met die oop deur te sit en werk laat in die aande, of vroeg in die oggende.


Ons hoofslaapkamer met 'n oop badkamer (foto onder) met bad, toilet, wasbak en stort. Ons het hierdie bouwerk gedoen in 2008.


Ek het oor die verloop van 'n paar naweke self hierdie vloer ingesit bo die TV kamer om nog 'n kamer te bou (toe Marinda swanger was met Lana). Dit is seker my gunsteling vertrek in die huis. Dit is oop met die gang, en die intensie was dat dit eendag 'n biblioteek sou word nadat ons 'n nuwe hoofslaapkamer op die garage se dakslab gebou het.


Jan-Hendrik se multi-coloured kamer. 'n Heerlike kinder speel- en slaapkamer met sy eie klein badkamertjie. Die verfwerk is gedoen in 2008. Die badkamertjie is gebou vroeg in 2012.




Die enigste vertrek waaraan ons niks verander het nie. Die onderste badkamer. Ons het wel die wit spieël se raam swart geverf (ter wille van verandering). Hier bad my kindertjies wanneer Marinda kos maak in die kombuis langsaan.

Die waskamer is lekker geisoleerd, weg van die res van die huis af sodat mens nie die heeltyd die wasmasjien en tuimeldroër moet hoor nie.

Die bouprojek in 2009 - 'n woonstel onder in die erf deur aan te bou aan bestaande store. Marinda ht dit gebruik as 'n praktyk, met kinders rondom haar voete.


Die woonstel se binnekant.


Met 'n heerlike "in-die-tuin" gevoel. Ideaal vir 'n gastewoonstel, klein besigheid of kantoor.


Woonstel met sy eie badkamer (met stort, wasbak en toilet).


Met trots kan ek na al hierdie fotos kyk en weet dat ons 'n goeie lewe gemaak het in Nelspruit. Die restourasieproses was soms 'n pyn, maar retrospektief was dit 'n wonderlike ervaring. En ek besef ook dat ons heelwat waarde tot die eiendom toegevoeg het. Die vorige eienaars was nog nooit weer terug nie. Hulle sal die plek nie herken nie. Dit sal bitter moeilik wees om die sleutels aan iemand anders te oorhandig, maar ek kan nie aan die huis vaskleef vir altyd nie. Maar ek los dit agter met 'n skoon gewete en stringe goeie herinneringe.


Jessica word twee jaar oud!!

Twee jaar vlieg vinnig. Jessica Matthysen word al twee. Dit voel soos gister wat Johan en Nicolene ons meegedeel het dat sy swanger was met Jessica (teen alle verwagting in).



'n Groot cupcake vir die verjaardagmaatjie.


En 'n kleintjie vir die gaste.


Lana, Jessica en Nicolene se been. Toe ek die foto neem het ek geweet dat daar op hierdie foto iets vir die ou tannies EN die ou omies is. Ha-ha...


Nico en Theunsie was ook daar. Hulle en Jan-Hendrik het (soos altyd) vreeslik gespeel en tekere gegaan.


Net drie jaar gelede sou ek hierdie foto nie kon indink nie.
Die Matthysens is werklik geseend.


Lana kyk op na die hemele en wonder waar gaan haar hulp vandaan kom...


En toe sien sy haar Ma.


Met groot ywer is die geskenke oopgemaak.

Baie geluk julle!!!

'n BAIE GROOT DAG!!

Een wintersoggend by Wits voel ek weer hoe die akademiese atmosfeer oor my neerdaal.


Ek ontmoet my broer Andrew se akademiese kollegas.


Praat diep dinge saam met my Ma, Pa en broers.


EN my pragtige skoonsus, Tanya.


Hulle het by Wits in grootmense verander, kom dit my nou by...


Ek sit met 'n knop in my keel en luister hoe my kleinboetie in 'n paar jaar in 'n ekspert op sy veld gegroei het.


Hy deel met ons sy werk oor die afgelope paar jaar.


En dan beweeg ons almal oor na die GREAT HALL toe vir Andrew en Tanya om BEIDE, OP EEN DAG, TEN AANSKOUE VAN DIE FAMILIE, VRIENDE EN KOLLEGAS hul PHD's te gaan ontvang. Dit is waarlik een van die grootste dae in ons gesin se lewens, en ek is seker in die Bothma gesin se lewens ook. Wat 'n groot voorreg!!!!


Oupa Jan wys nie veel nie (ek dink nie hy like fotos nie), maar ek is seker hy borrel oor van trots op sy jongste.


What a place...


What a moment...




Ek is die grootste van almal, by verre, maar hierdie foto wys net weer dat rooi mens laat groter lyk. Maar vandag is 'n dag om groot te vertoon. Larger than life, so to speak.


'n Dag om te onthou. Daar is gesing.


Gepraat.


Vereer. (sjoe!! Groot geeste in medisyne)


It doesn't get bigger than this.


En dan waarvoor ons almal gewag het.


Eers Andrew ("A" kom voor "T" in die alfabet).


En direk na hom is Tanya. Is dit nie fantasties nie? Dis 'n moment wat vir altyd by ons (verseker by my) sal bly; iets wat mens nooit sal vergeet nie; iets waarvan die grootheid eers later sal inskop.



En om alles te kroon, as jy mooi kyk sal jy sien dat die hele gesin op die verhoog PhD's ontvang het, al drie van hulle.


Die groot gradeplegtigheid is gevolg deur 'n heerlike kuier in 'n fantastiese restaurant. Ons het nie teruggehou nie. Brandy en Coke was dalk nie op die menu nie, maar dit was verseker deel van die tema.


Skielik kyk ek na hom as 'n groot man, nie meer as my baba boetie, Spokie, nie.


Almal het hule bes probeer om laat te kuier. Vir sommiges was die dag net te lank.




Cheers!! Ons drink op Andrew, Tanya en JW. Voorwaar 'n dag om te onthou!!