25.5.10

2010 Comrades Ete

Afgelope Saterdagaand - die tradisionele Comrades ete by die Humans se huis. Die tema hierdie jaar was die Sokker Wêreldbeker, en elkeen het toepaslik aangetrek. Die "set" was ook baie goed opgemaak in Wêreldbeker motiewe. Die Humans'e het duidelik baie moeite gedoen.
-----------------------------------------------------
Die nodige verversings is ook aangebied.


-----------------------------------------------------
Dis darem moeilik om elke oomblik 'n rolmodel vir jou seun te wees. Ek het hom mooi geleer dat hy moet maak soos ek sê, en nie soos ek doen nie (net 'n grappie; ek's 'n goeie Pa).
-----------------------------------------------------
Die swanger fairy was ook daar, en het haarself mooi stil gedra. Haar man was egter nie so onskuldig nie. Dis hy wat die drank uitgedeel het...

-----------------------------------------------------
Almal was behoorlik in die gees vir kuier.

-----------------------------------------------------
My beste poging tot 'n toi-toi. Ek is nou eenmaal nie swart nie.

-----------------------------------------------------
Die hele groepie (behalwe die een agter die kamera natuurlik; ek weet hoe dit voel om altyd al die fotos te neem - jy is nooit op enige fotos nie; in my geval is dit 'n goeie ding; in Yolande se geval is dit 'n ander saak; dalk moes ek eerder die foto geneem het).

-----------------------------------------------------
Jan, Jan, Jaaaan - die soul van die span. Die groter boodskap in al hierdie commongeit was dat mens ballas nodig het om die Comrades te hardloop (volgens bennie Burgemeester).


-----------------------------------------------------
Dr Li Chi het 'n uitstekende voordrag gegee oor die vetwerende / verslankende effekte van Comrades voorbereiding deur die geval van 'n ene Marinda Swanepoel (pasient #17881) te bespreek.

-----------------------------------------------------
Kfrkie wat uitgenooi is om weens sy agtergeblewe verlede die Bafanawanabees te verteenwoordig in Durban; wat per poot na die verkeerde stadium toe gehardloop het tot aanjuiging van die verkeerde massas. Sy prioriteite is verkeerd, seg ekke. Comrades is belangriker, veral as jy kan wen...


-----------------------------------------------------
En ons het voorwaar aangesit by 'n feesmaal. Ons twee het bloot momenteel gesit; die res van die tyd het ons gekeer - vir die skerp messe, die trappe, die ornamente, ens.

-----------------------------------------------------
Big buddies - ewe fiks en effe gek - Comrades atlete... (dis net my opinie; menings mag verskil); maar sterkte julle - nierfunksie keer gewoonlik terug na normaal so by dag drie (net voor ontslag uit die hospitaal).

-----------------------------------------------------
Supporters op meer as een vlak - hy weet nog nie waarvoor hy in is nie; die vroue in sy lewe gaan hom nodiger hê as ooit tevore... ons sal hom maar help. Sy behoort OK te wees... vrouens is natuurlik aangelê om moeders te wees; vaders maak hopelose moeders. Vra my...

-----------------------------------------------------
Ag, en kyk hoe mooi! Sy ook.

-----------------------------------------------------
Ek is soooo bly die Meyers was ook daar met hulle laaities. Jan-Hendrik, Theuns en Nico het mekaar baie mooi besig gehou - gespeel onder die tafels en mekaar gejaag met skerp goed. Ek is net so bly hulle het nie gerook nie.
-----------------------------------------------------
Heerlike aand saam met baie goeie pelle. Sterkte met die groot dag komende Sondag (ja; dis nou hiérdie Sondag). Ons hou vir julle duime vas, 'n paar dripstelle op gereedheid, warm kombersies, pynstillers, en sagte sokkies.

24.5.10

Wynproe by Andre Pistorius

Afgelope Donderdgaand - wynproe by Andre se huis. Sy vrou het heerlike bobotie gemaak, en ons het 'n wonderlike seleksie van rooiwyn versnitte geproe. Ek het die blinde proe al weer verkeerd gehad...
----------------------------------------
Ek en Andre het maande lank geoefen vir die geleentheid en die res van die span deeglik beïndruk met ons vertolking van Schubert se Serenade. Andre se klavier is amper een hele toon te laag; dit het geklink of ek 'n altviool speel.

MEESTERLIK!! Soos altyd. Ek was self nie bad nie.

GO BAFANA!!

Laas Sondagmiddag het ons (ek en Marinda, Leoné, Mariet en Andre, en Alex Kuhn en sy gesin) die sokker op die Mbombela stadium gaan kyk - Suid-Afrika vs. Thailand. Dit was 'n interessante nuwe ervaring.
----------------------------------------
Hier sit ons in ons taxi wat ons na die bus terminaal geneem het.

----------------------------------------
Ons kleurvolle en baie raserige bus. Al die witmense en Indiërs sit heel voor in die bus...


----------------------------------------
En hierdie vreemde Suid-Afrikaner het daarop aangedring om 'n foto te neem saam met Mariet. Sy blaas 'n Vuvuzela beter as enigiemand anders by die stadium.

----------------------------------------
Die stadium is baie indrukwekkend - groot, met baie spasie, geleë in 'n boomryke vleiland area buite Nelspruit. Die atmosfeer by die stadium is elektries.

----------------------------------------
Ons het 'n ander vreemde mede-Suid-Afrikaner gevra om vir ons 'n fot van die groep te neem. Dit het beter uitgekom as wat ek verwag het!

----------------------------------------
In hul duisende oppad stadium toe. Ek moet sê die organisasie rondom die wedstryd was uitstekend - insluitend die park-and-ride en die sekuriteit. Ons het nooit onveilig of enigsins bedreig gevoel nie. Maar ek moet erken ons (wittes) was in die minderheid - ek skat 1:25.

----------------------------------------
In die stadium het alles baie skoon en ordelik verloop. Ek was baie impressed!!

----------------------------------------
Hier sit die hele geselskap; Kuhn'e sit elders. Almal rondom ons het hulself baie mooi gedra, en ek kon voel hoe waardeer die mense dat ons witmense daar was (uitgevat in ons troste geel en groen).


----------------------------------------
Die opkoms was uitstekend. Al die beskikbare kaartjies was uitverkoop. Daar was wel nog omtrent 5000 tot 10000 oop sitplekke (organiseerders glo bekommerd oor sekuriteit; ek verstaan nie hoekom nie).

----------------------------------------
En hier is die spanne; staan gereed vir die verwelkoming en die volksliedere.


----------------------------------------
En almal sing uit volle bors. Ek het spesifiek geluister - die witmense het almal uit volle bors gehelp die Nkosi Sikelele gedeelte sing; en die swartes het almal uit volle bors Die Stem gedeelte gesing; seker alles maar net op gehoor, want let's face it - niemand verstaan regtig die hele ding nie. Maar dit was nogal goed om te sien.

----------------------------------------
Formaliteite - hulle bedoel niks daarvan nie...

----------------------------------------
En die baie belangrike groepsfot. Nou het ek ook een. Ek moet sê - hierdie kaptein van ons (Theko Modise (ek dink), voor links; mid-fielder) en die goal keeper (obviously in rooi) het wragtag goed gespeel. Ek was baie beïndruk met die manne. Hulle kan regtig goed speel.

----------------------------------------
Elkeen bid seker op sy eie manier, al lyk dit dieselfde...

----------------------------------------
And there we go... My eerste Bafana game.

----------------------------------------
Vir sommiges was dit 'n baie lang dag, soos hierdie ou wat voor ons gesit het; in die eerste helfte het hy sy botteltjie leeg gedrink; hy het die tweede helfte totaal-en-al gemis.

----------------------------------------
Mathew Booth het so 20 minute voor die einde van die game opgekom; so een of twee keer die bal gesien; nie sleg nie.

----------------------------------------
All and all 'n heerlike dag met baie verrassings. Ons sien almal uit na al die wêreldbeker wedstryde. Ek dink dit gaan great wees.

Mooiste gesinnetjie in die wêreld

Kyk net hoe mooi is die ma en die kind; hulle lyk ook baie dieselfde..


I'm a lucky man!!