2.2.13

Lekker lui Saterdagmiddag

Ek sit en speel op die rekenaar terwyl almal by die huis lê en slaap (Marinda het gaan hardloop), en Wallis hardbesig is om terug te baklei teen Ierland aan die einde van die tweede helfde van die game nadat hulle soos hulle gatte gespeel het in die eerste helfde... Dis mos hoe rugby werk.

  





My pragtige gelukkige kinders

Rassie is Jan-Hendrik se favourite. Die twee is onskeibaar.




Naka is mos my hond...


My dogter is beeldskoon. Kyk net daar!!!





Besoek en lesing in Mthatha (Umtata)

Fantastiese fasiliteite by die mediese skool in Mthatha in die ou Transkei. Beter as meeste ander mediese fakulteite. Ek het die lab personeel gaan ontmoet en ‘n lesing gaan gee aan die dokters daar om myself aan die ondersteuners te gaan voorstel. Dit was ‘n aangename dag of twee, heelwat lekkerder as wat ek verwag het. Die mense is ontsettend gaaf en gasvry.








Die labpersoneel in Umtata. ALMAL was daar (behalwe die een wat die kort stokkie getrek het en die lab moes beman).




Kleresport

Dis die groot dag – rooi vs. blou... Ons wag al die hele jaar hiervoor; waar die manne van die seuns geskei gaan word.


Kom!!! Ons gaan hardloop!!



Sussa doen ‘n pich report...



Kameras gelaai!! (Marinda is nie die beste kameravrou in die wêreld nie...)



And they’re off. Boeta met ‘n slegte start. Na die eerste paar paces is hy so drie meter agter, maar nog steeds tweede...




Hy identifiseer die voorste man...



Hy besef wat gedoen moet word...



Begin met sy eindpoging...



Haal in... meter vir meter nader en nader...





Oog stip op die eindstreep... vasberade...




En die gaping...



...word al kleiner...



En kleiner...




Amper gelyk...



Wat toe gebeur is dat die manne in mekaar in vasgehardloop het, geval het dat jy net stof en kalk sien spat; en nie een van hulle het die eindstreep oorgesteek nie. Die mammas moes help, troos, bemoedig. Lewenslesse word geleer. Herinneringe word geskep en diep in ons almal se koppe vasgemessel. ‘n Dag wat nie een van on sooit sal vergeet nie. My seun het guts; hy kan; hy is ‘n champion!!!




Ons leer om te aanvaar wat ons nie kan verander nie. Ons leer dat die lewe nie fair is nie. En ons leer dat teleurstellings onbelangrik is as jy jou beste gegee het.



Kyk Boeta. Pappa het ‘n traan in sy oog.



Baie geluk my seun!! Jy is ons Champion!!!






My nuwe kantoor

Lekker groot kantoor; grootste in die hele lab, dalk die hele company.
En doer in die agtergrond kan mens die see sien.
Oos Londen. Lekker plek.







Pragtig en Pragtig se beste maatjie





Oupa en Ouma kom kuier

Dis Mamma se verjaardag naweek. Oupa en Ouma kom kuier (al die pad van Potch af). Dis ver...

Hulle het help kinders oppas sodat ons kon “tyd saam spandeer”.

Mamma is amper 40 (strike dit my nou...)










Lana word 2!!!

Op die 3’e Januarie het ons sommer vroeg al begin verjaardag vier. My dogter is 2!!!! 

Baie impressed met haar geskenk – ‘n hele kombuis. Master chef in the making... 

Boete stel ook vreeslik belang in hierdie groot geskenk. Help ons om alles aan mekaar te sit (nogal complicated).

Tyd vlieg!! Twee jaar al!!! Ek voel baie bevoorreg om so ‘n pragtige gesinnetjie te hê.

Die partytjie het later die dag Spur toe geskuif. Geen maatjies nie – ons ken niemand nie (nog nie).