Jessica Matthysen word 1!!!
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
30.7.11
Jessica!!!
Een saterdagoggend vroeg begin ons al mooi maak vir die groot partytjie.
Jessica Matthysen word 1!!!

En my hare word netjies gekam; mens moet mooi lyk by jou Pa en Ma se potensiele aanstaande skoondogter se verjaardag.
En ek het besluit om 'n groot knop op die kop saam te neem; verwerf teen die hoek van die badkamer muur...
Die koek was spektakulêr (dis 'n lelike woord wat ons leen by die Engelse); Marina het al weer bewys dat sy 'n fantastiese koekebakster is. Pragtig!!!
Jessica!! Die eregas geklee in 'n feeprinsessie outfit. Sy lyk ook so bietjie oorbluf met al die pragtige goed rondom haar.
En sy wonder seker wie de dinges is al hierdie mense...
Ek het die geleentheid gesien om ook saam met my eie dogter mooi fotos te neem. Sy het die fees-atmosfeer behoorlik aangegryp, en met haar (4) tande heerlik begin smul aan al die eetgoed.
Jessica Matthysen word 1!!!
Verskuif die kuier na Pelgrimsrus
Ons het een aand saam met die toer spannetjie (Kapenaars en Potchefstromers) in Pelgrimsrus gaan slaap; heerlik aandete en die volgende oggend ontbyt geëet.
Die plek is vreeslik skoon; baie netjies; en daar is 'n wonderlike outydse atmosfeer wat nog heers. Dis net spesiaal om te dink wat al alles in die dorpie gebeur het in die afgelope 200 jaar.
Ons het by die Royal hotel oorgebly; dit vat my terug na my kinderdae toe ons verblyf daar oorskadu is deur die dood van 'n ene Cruise (verkleurmannetjie); laaaang storie....


Ons het hier in die ou Bankhuis gebly.. Eens op 'n tyd aan die dokter op die dorp behoort. Sy beste vriend op die dorp was die bankbestuurder. Die dokter het ook die eerste motor op die dorp gery. Snaaks hoe dinge verander het...

Hier is die huis waar Oupa en Jan-hulle gebly het; net om die draai van die bankhuis af...
Hierdie is die hoof sitkamer; was vroeër jare die eetsaal; bekend vir die klein vet seuntjie wat so gehuil het oor 'n sterwende verkleurmannetjie dat sy trane in sy sop geval het... (regs in die hoek die tafel waar die treurspel homself afgespeel het).

Buite die hotel; die stoep van vele bar fights.
Hier eet ons die aand 'n heerlike en groot aandete; almal saam.
Jan spog met iets; Annette lyk nie beindruk nie...

Sussa was ook daar; al goed deel van die familie.
Ontbyt die volgende oggend; Oupa en Ouma het hulle hande vol...
Annies het help baby sit; met minder sukses.
Dei bankhuis waar ons oorgeslaap het was eers 'n museum; dis eintlik nog steeds 'n museum, maar mense word nou toegelaat om daar te slaap. Pragtige meubels; wonderliek atmosfeer.


Ouma..
Oupa (lyk moeg want die kinders hou hom besig...)
Die plek is vreeslik skoon; baie netjies; en daar is 'n wonderlike outydse atmosfeer wat nog heers. Dis net spesiaal om te dink wat al alles in die dorpie gebeur het in die afgelope 200 jaar.
Ons het by die Royal hotel oorgebly; dit vat my terug na my kinderdae toe ons verblyf daar oorskadu is deur die dood van 'n ene Cruise (verkleurmannetjie); laaaang storie....
Hier is die huis waar Oupa en Jan-hulle gebly het; net om die draai van die bankhuis af...
Sussa was ook daar; al goed deel van die familie.
Die wonderlike mense in ons lewens...
Jan (lus vir wildkyk; wil vroeg gaan slaap; so opgewonde soos altyd oor Wildtuin vakansie)




Ek het bietjie met van die locals gesels en almal is baie negatief - te min geld, te min toeriste, inbrake, diefstal, ens. Ons het niks daarvan gesien nie; die plek is eintlik pragtig, maar ek het begin wonder hoekom dinge dalk bietjie agteruit gegaan het in die ou Oos-Transvaal streek; en toe sien ek dit. Dit maak nou vir my sin...
Subscribe to:
Posts (Atom)