Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
14.3.11
Hengel of visvang?
Sondag was ons, die Erasmusse en die Meyers vir die dag by 'n forel-plaas buite Sabie. Wat 'n heerlike dag!!! Selfs visse gevang. Die laaities het dit verskriklik geniet; ons ook.
Die visse word met opset honger gehou vir 'n paar dae; elke gooi is 'n vir werd! Dit is beter so vir die kinders - hulle was nie vir een oomblik verveeld nie, en hulle kon mooi kyk hoe die vissies lyk. En voel.
Hierdie foto het ek spesiaal vir Andrew geneem; my arms kon ek nie verder vorentoe steek nie. Dit is so groot as wat die vis kan wees...
En Deon het vir Theunsie (al bietjie groter) mooi geleer hoe werk die visvang en met-die-net-skep ding. Theuns het al ons visse uitgetrek.
Ons bou 'n sandput!
Wyn by die werk...
Afgelope Donderdagaand; my beurt vir 'n wynproe. Ons proe Chardonnay en Sauvignon blanc; by Ampath se seminaarkamer - ideaal vir die geleentheid. Champagne buite in die parkeerarea gehad; gekyk hoe die son ondergaan.

Die uitdagings op twee maande...
Viool oefen...
Ek moet komende naweek by ons Bushpath kongres met een van die tee-breke sorg vir 'n kort musiek item. Die plan is om die tema musiek van Schindler's list (John Williams), Salut d'Amour (Elgar), Meditation (Massenet) en The First Time I Ever Saw Your Face (Roberta Flack) te doen saam met uitstekende backtracks wat ek op die internet gekoop het. Dit klink baie mooi.
Ek oefen so elk tweede aand, en Boeta oefen saam met my. Bushpath se naweek val saam met Andre Rieu (dink ek is die spelling) se konserte by Sun City (ons ook by Sun City). Die kompetisie is maar swaar in hierdie veld van werk... (over-popular violin music).

Amper daar!!
Ons is in die proses om vir Jan-Hendrik te potty-train. En ons vorder maar stadig. Hy weet nou al wat om te doen; hy waarsku ons selfs; maar dinge gebeur nog nie soos dit moet nie.
Onlangs het hy met 'n vreeslike geskreeu, effens vooroor, met operige beentjies van die jungle gym af gehardloop dat die stof staan, net om die drolletjie net te vroeg in sy doek te laat land. Hy was vreeslik trots. Nie op die poging nie; maar op die size!!!

Subscribe to:
Posts (Atom)