Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
9.2.12
Marinda se Brumeliads
Ons tuin begin fantastiese nuwe kleure by kry. Marinda se nuwe (expensive) hobby. Die plante se fisiologie fasineer my ook, en hulle maak pragtige fotos. Bloeddorstige plante met pragtige kleure om seker te maak dat goggas kom verdrink en doodgaan in hul blare-lokvalle. Met Brumelias het die Natuur / Skepping / Skepper 'n absolute hoogtepunt bereik.
LANA VERJAAR!!!!!!
Fotos wat geneem is toe Lana verjaar het. ONS DOGTER WORD 1!!!!
Hier is 'n wonderlike oomblik tussen Lana en 'n seuntjie wat op dieselfde dag gebore is. Hulle het ook die geleentheid gaan vier in die Spur. Hulle is twee van 13 wat daardie dag gebore is. Ons soek nog na die res.
Oupa Chris, Ouma Hanna en Tiaan is saam.
Ouma pas die seuns op by die speelplek.
Oupa Chris pas ons op.
Hier is 'n wonderlike oomblik tussen Lana en 'n seuntjie wat op dieselfde dag gebore is. Hulle het ook die geleentheid gaan vier in die Spur. Hulle is twee van 13 wat daardie dag gebore is. Ons soek nog na die res.
Ek kan nie glo my dogter is al 'n jaar oud nie. Die tyd gaan baie vinnig verby. Dis bietjie sad, maar aan die ander kant is mens baie gelukkig hulle is so pragtig en gesond. En om jou kinders te sien groei en groot word is 'n fantastiese voorreg.
Life is good!!!
8.2.12
En so begin die nuwe jaar!!!
Die jaar het begin met 'n smile!!! Die gesin is pragtig en gesond. Sussa groei vinnig en hardloop deur die huis en deur al haar mylpale. Sy is slim, vriendelik en BAIE cute. Haar woordeskat is al meer as 20 woorde. "Pappa" is natuurlik die mooiste. Of eerder "PAPPA!!!!!"
Haar Boetie is natuurlik 'n unieke karakter, iets tussen Simba die leeu en Darth Vader, soms 'n engeltjie, soms 'n draak... Hy hou van drake. "Dwagons"; "Surfies" (Smurfies); "Oooo Neee!!!" is van die snaakse goed wat hy deesdae sê. En natuurlik "Ouma Kôôôlie".
Al hierdie fotos is geneem so in die eerste week van Januarie 2012 toe Oupa Chris en Ouma Hanna saam met klein Tiaan kom kuier het.
Sy gunsteling boek...
Ons het gedink dis goed om hom van die begin af te leer dat die lewe nie regverdig is nie...
Subscribe to:
Posts (Atom)