27.12.14

Kersfees in Virginia

Die Vrystaat is warm!! Ons spandeer meeste van die tyd in die swembad.

Almal swem saam (Rohan en Annabelle)

Die kleintjie (Mile)



Pragtige Aneldie

Annabelle

Lana!!




Conraad speel hierdie jaar Kersvader. Jan-Hendrik het hom net een kyk gegee...


Oupa Wes deel die geskenke uit.






Jan-Hendrik en Tiaan. Onafskeidbaar.



Andrew-hulle kom kuier

'n Heerlike kort kuiertjie. Min fotos geneem, hard gekuier...


Hier het ons 'n lekker plek ontdek - Areena River Lodge (of so iets). Baie lekker restaurant, kampplek, speelplek vir die kinders. Ons sal beslis terug wees.

Cheers!!!



26.12.14

Best so far..

My beste rondte op Oos-Londen tot hede. Ek het al 'n paar nagmerries gehad oor die 6 op die 18'e.
Maar nou weet ek ten minste ek kan dit doen. Sub-70, hier kom ek!!

Die begin van 'n lekker dekkie

Ek en ou Thando werk dat die sweet ons afloop (hy werk dalk so bietjie harder as ek; maar ek dink die hardste).

Die dek gaan dalk so bietjie hoog wees aan die onderkant, maar ek sal 'n mooi reeling om dit bou.

'n Saterdagoggend tuis in Desember

Ons swembad is op die perfekte plek gebou. Die kinders boer daarin. Ons is almal baie tevrede met ons mooi nuwe huis!!


Ek is besig met 'n lang termyn projek - om 'n walkway met dekke, dalk 'n boomhuis ook, in die onderste gedeelte van ons erf te bou. So far so good, maar niks gaan vinnig nie.

En my dogter help my "meet"





Die nuwe "Pirate Island"

Marinda se tuin kom baie mooi aan. Die plantwereld is 'n dankbare plek.




Bierdrinkplekkie by die swembad.

Jan-Hendrik se gradeplegtigheid

My pragtige seun gaan volgende jaar graad 1 toe. Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd verby vlieg nie...


Die junior koor en die skoolhoof sing die skoollied uit volle bors.

Die graad 1's se prestasie sertifikate (Huib se boetie in die middel, Coetzee)

En Huib kry ook papier.


En Boeta ook. Ons is baie trots op die man.


Baie lief vir jou my seun!!!