1.1.14

Kersfees saam met die Kapenaars

Hierdie jaar het Jan en sy gesin vir ons kom kuier vir Kersfees.
Die dogters raak nou verskriklik vinnig groot. Annies is al amper 'n grootmens.

Nelia is nog klein, ne vreeslik sweet.


Daar is baie gekuier, en vreeslik baie wyn is gedrink.



Kersvader was ook daar (Andre Evans), met plakkies (dis warm).

Die opgewondenheid oor Kersvader se koms was elektries (kyk vir Lana).

"Kersvader; kyk al die baie geskenke!!!!"



Jan-Hendrik het nie vir Kersvader gekoop nie, maar ter wille van die geskenke het hy vir Andre verdra.


Daar is liedjies gesing, en daar was selfs 'n formele Kersfees konsert.









Ek het die klavier gekoop vir die huis. 'n 1935 Monington & Weston (Londen); was eers die portaal klavier van een van die plaaslike hotelle. Mens wonder watter stories die klavier kan vertel. Ek het besluit om die klavier te restoreer oor die volgende paar maande. Dit gaan splinternuut wees as ek daarmee klaar is.