24.6.11

Swem in die Winter...

Dis winter!! Gaan ons, of gaan ons nie? Moeilike een!! Gelukkig is twee van die swembaddens verhit. Ons het eintlik heerlik geswem. Die uitklim deel was baie moeilik..



Lana het net so lekker saam geswem, maar 'n vreeslike keel opgesit toe ons uitklim en begin afdroog. Ons het almal so gevoel...




Jan-Hendrik het homself moeg gespeel in die kiddies swembad (een voet diep en warm). Ons het 'n duisend keer gehoor: "Pappa, Pappa, kyk!!!!" en dan spring hy in by die vlak kant...











Hoe minder vel uitsteek bo die water, hoe beter!!!





Swadini is een van die lekkerste vakansieplekke wat ek nog besoek het. Ons sal gereeld terug kom en volgende keer die familie saam bring!!!