22.6.11

SWADINI !!

Ons hou lekker in die middel van die Winter vakansie in Swadini. Ons was nog nooit hier nie, en ek was baie beindruk. Wat 'n wonderlike plek!!!


Kamp opslaan was baie maklik, en dit raak al hoe makliker. Die karavaankoop was 'n great idee.





Ons het 'n lekker plek in die koelte van 'n reuse boom gekies, met 'n pragtige uitsig oor die berge. wonderlike bure (staan al drie maande hier; afgetrede oom en tannie; sy kook fantasties - so het ek geruik elke aand). Ja-Hendrik het my gehelp waar hy kon.





So 40 minute later; alles opgeslaan; DSTV en die hele lot; alles werk!!










Ablusie geriewe letterlik 'n klipgooi van ons karavaan af. Ons het gereeld vir Jan-Hendrik alleen gestuur om te gaan piepie. Daar was baie min ander mense, en nadese ken ons omtrent hulle almal op die naam... En ALMAL ken vir Jan-Hendrik...





Lekker gesit en potjie maak, rugby kyk, CBeebees...



En ek het begin om 'n baie dik boek te lees.. Een van daai boeke wat mens net MOET lees in jou lewe...










Ons het almal baie lekker uitgerus, maar gedurende die dag was ons lekker besig. Kyk maar na die res van die posts...