22.6.11

Stap in die woud...

By Swadini is daar wonderlike staproetes teen die rivier. Ons het elke oggend lang ente gaan stap. Jan-Hendrik was altyd eerste op, en hy het aangedring daarop. Ons het soos leeus gebril toe ons onsself in die middel van 'n groot trop bobbejane bevind. Hulle het histeries gevlug tot aan die oorkant van die rivier. Boeta het gedink dis die snaakste ding ooit...










Selfs in die middel van die Winter loop die rivier baie sterk. Ek kan sien dat daar onlangs 'n vloed hier deur is; mens kan die stukkende takke en die vlak van die opdrifsels langs die pad sien..








Om elke hoek is daar geleentheid vir pragtige fotos. Ek het seker met 'n duisend fotos van die vakansie af terug gekom. Dankie tog vir digitale fotografie!!





Mamma en Sussa het net so lekker saam gestap en na al die mooi goed gekyk..






















Wonderlike voorreg om so in die wildernis met my gesinnetjie te stap!!





Die stappery het my laat dink dat ek en my gesin nog eendag lang staproetes op baie mooi plekke in die wêreld gaan doen. Kan nie wag nie!!