18.7.11

Potjiekos met die pelle

"Sommer net kuier", sê Marinda vir my. Ek wou by haar weet wat was die geleentheid vir die potjiekos kuier by ons huis. Ek kan aan geen beter rede dink om 'n vuurtjie aan te steek nie...

Hier is ek en my dogter op die stoep voor die pêlle opdaag. Ons het al die groente en ander goed opgesny (ek lieg sommer, sy't niks gedoen nie...). Lana is deesdae die lekkerste kind om te hê - sy is stil, rustig, happy; sy smile die hele tyd. Sy is uiteindelik 'n mens... (in teenstelling met haar eerste paar maande...).







Sy soek my wyn (Beyerskloof Pinotage). Sy't goeie smaak!






Tafel gedek; pot op die vuur. Eintlik twee potte - een room-hoender en die ander kerrie-rooiwyn-bief. Altwee potte het uitstekend gewerk. Baie trots op myself...




En daar was iets vir 'n droë keel ook...










Andre het ons almal verbaas. Die babas was mal oor hom. Hy het dit reg gekry om vir Lana en Jessica vir laaaank baie gelukkig te hou; terwyl die mammas die res van die kos kon maak.










Die Matthysens het onlangs uitgevind dat "Kosie" oppad is; hulle tweede swangerskap!! Wonderlike nuus!!






Pa se pragtige dogtertjie!!




En my seun plaas my toe in 'n effense verleentheid... ek het hom eerste gesien deur die deur storm met sy trofee; baie trots op homself...



Oom Andre het ook groot belangstelling getoon...




KYK!!! DIS MYNE!!!




Hy het ook later die dag vir ons 'n paar fotos loop neem; dus die fokus op die dinosaur en die voete...





Die gevaar van te veel drink op 'n Sondagmiddag... Maar hy is mos nie swanger nie, reken hy...





Later die middag het die Meyers ook vir ons kom kuier; kon nie vroeër kom nie, maar Dolla het hulle oortuig van my potte...





Nog 'n heerlike dag saam met ons pelle!!