Hierdie een was nogal special. Ons het 'n draai deur die kamp gaan ry; elkeen met 'n roomys; toe sien ons hierdie bosbokkie besig om water uit die sproeier uit te drink. Was glad nie bang vir ons nie... seker maar mense gewoond. Daar was ook so 'n paar koedoes wat die hele tyd deur die kamp geloop het.