21.12.11

Die Kaap is 'n warm plek!!

Die Kaap is 'n heerlike plek, maar dis WARM, VREK WARM, en baie droog dié tyd van die jaar. Ons het so 'n paar dae by Jan-hulle gekuier, en ek het toe op die Dinsdagoggend my MMedSci graad gaan kry saam met die res van die mediese fakulteit se studente. Die hele ervaring het sommer weer die academic in my so bietjie wakker gemaak.







Jan-Hendrik het 'n nuwe vriend gemaak in Sally die worshond. Hulle was baie close.





Ontbyt by die Swanepoels. Die kinders het pragtig groot geword. Annies is 'n modelkind, so slim en konsensieus. Nelia is pragtig, so bietjie kwaai. Sy en Jan-Hendrik het so bietjie stry gekry oor goed, maar ons kon die vrede meeste van die tyd bewaar.
















Is dit nie fantasties nie!!!! Jan-hulle is so trots op hulle kinders, en met rede!!!














Jan en Annette bou 'n huis op hulle plek by Pearl Valley; glo hul aftree huisie vir eendag. Ons dink die plek is fantasties, veral sy twee braaiplekke!!












Ek's mal oor hierdie dak!!! Ek is seker dis Annette se brain child...






Dis die braaiplek se uitsig!!! One lucky fire place!!!





Ons het een heerlike warm sonnige dag by die klubhuis van Pearl valley gaan kuier en die kinders het geswem vir ure.

































Al die opwinding en speel was soms so klein bietjie te veel vir You-know-who...



Ons het saam met Jan-hulle die Fairview wyn en kaasplaas gaan besoek en 'n heerlike middagete gehad terwyl Annies die kinders opgepas het (nie gedink ek sal dit ooit toelaat nie, maar sy is deesdae 'n baie volwasse kind).

































Jan-Hendrik proe saam met ons. Hy soek ook sy eie wyn. Die wynproe meisie is toe slim en gooi vir hom Ega wat 'n rooibostee is. Jan-Hendrik het dit onmiddelik uitgeken as tee. Sy sintuie is uitstekend, en sy brein is beter... Jan was super beindruk. Ek het maar net verduidelik dat ons hom al mooi geleer het hoe om wyn te kyk, ruik, en dan te proe.







Hy wou egter ook sy eie slukkie Rosé hê. Ons het vir hom 'n halwe slukkie gegee. "Dis beter" was sy opinie...





Annies, die baby sitter.






Nelia, die beauty!!






Ook tydens die besoek aan die Kaap het ek saam met Annette-hulle Annies se skool se Kersfees kerkdiens bygewoon waartydens die skoolkoor gesing het. En Annies staan voor, en sing soos 'n engel!! Dis 'n pragtige skool (Somerset College) wat gebou is (so verstaan ek) op 'n ou wynplaas.





















Dankie Jan, Annette, Annies en Nelia. Ons het al weer 'n heerlike kuier gehad in die Kaap. Ons kan nie wag om weer te kom nie!!!