20.12.11

Die 94.7 fietsresies

Die dag waarvoor ek gewag het die hele jaar... maar niks voor geoefen het nie... Maar, het ek gedink, daar is mos iets soos muscle memory!!!


Lyk ek bang? Dis in die hotel voor die race.





En die stomp implimente wat gebruik gaan word. Die swart een (myne) lyk self maar so bietjie skrikkerig.





Die 94.7 is die eerste ding wat ek en my nuwe "ystertande" (soos JH sê) saam gaan doen, en ons het 'n volle 6 ure om mekaar goed te leer ken. Die draadjies het hul verskyning gemaak die Donderdag voor die Sondag van die race.






Daar is BAIE mense. Ek wonder hoeveel is so onvoorbereid as ek. Een ding is seker - meer mense het by my verby gekom as dié wat op hoë spoed deur my verby gesnel is...






Ek gebruik die neem van fotos langs die pad as 'n slegte verskoning om te stop en te rus, eb die breek van een van my speke op die opdraende voor die aansluiting met die Krugersdorp was gestuur. Ek was verplig om 10 minute lank te stop om iets te fix.








Oorleef!! Sussa inspekteer die wiele om te sien of dié nog rond is.







Die volgende oggend word ek wakker met 'n blond in my bed. One day in Joburg makes a hard man humble!!!








Stort saam met Lana. Sy's mal daaroor om te stort, en raak gereeld aan die slaap in mens se arms.








Ontbyt saam met die mooiste ma in die wêreld.








Oupa en Ouma was ook daar om te help met die kinders. Baie dankie julle!!!














'n Wonderlike naweek om ons vakansie mee te begin!!!!