Met Jan-Hendrik veilig by Ouma in Stellenbosch het ons vir Lana gevat vir haar eerste ontmoeting met die see. En daar is geen beter plek as Bloubergstrand vir dié doel nie. Mens kon die vreugde in haar gesig sien, maar mens kon ook sien hoe blerrie koud die water is. Die skok was duidelik.
Was dit lekker my skat?
Heerlik, Pappa!!! Die Kaap is heerlik!!!
Na die groot ontmoeting met die koue see het ons 'n heerlike middagete by Ons Huisie geniet - ek, Marinda en my dogter Lana.
Een gelukkige man, is ek!!
Seekospotjie en 'n lekker Chardonnay!!
Na 'n heerlike warm dag, soos dit is in die Kaap, word dit toe skielik yskoud en reënerig. Toe bestel ons nog wyn.