21.12.11

Eerste vlug vir Sussa!!

Dis 'n eerste vir my - ons vlieg Kaap toe saam met Oupa en Ouma, vanuit Lanseria lughawe. Ek was baie beindruk met die lughawe - groot paaie soontoe, min verkeer, pragtige groot skoon lughawe.











Die oranje vliegtuig waarna Jan-Hendrik vir maande lank uitgesien het.












Vreeslik nuuskierig. Elke knoppie word gedruk.






Sussa se eerste vlug!!!!! Sy sit by Ouma vir die hele pad, en gedra haarself soos 'n droom!







Hy gee kommentaar oor elke kar, gebou, pad, berg en dam; terwyl hy luidkeels die Darth Vader tema sing... die mense om ons dink dis histeries...



















Veilig in die Kaap!!! Dit is ook deesdae 'n baie indrukwekkende lughawe.